Die beleëring van die stad Plataeae eindig in 'n oorwinning van Thebane. Athene verloor sy enigste bondgenoot in Boiotia.[1]
Die beleëring van Mytilene eindig in 'n oorwinning van die Atheners, wat die opstand op Lesbos onderdruk. [1]
In Corcyra breek 'n burgeroorlog uit. Die demokrate wil kiesreg vir alle mans, die oligarge wil dit beperk[2]
Gorgias besoek Athene as lid van 'n gesantskap uit Leontini, wat op Sisilië bedreig word deur Syracuse en sy demokrasie wil behou. Leontini ontvang 20 skepe van die Atheners. [3]