Aalenium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Kryt Vroeg Berriasium jonger
Jura Laat Titonium 145,0–152,1
Kimmeridgium 152,1–157,3
Oxfordium 157,3–163,5
Middel Callovium 163,5–166,1
Batonium 166,1–168,3
Bajosium 168,3–170,3
Aalenium 170,3–174,1
Vroeg Toarsium 174,1–182,7
Pliensbachium 182,7–190,8
Sinemurium 190,8–199,3
Hettangium 199,3–201,3
Trias Laat Rhaetium ouer
Die verdeling van die Jura (IKS).

Die Aalenium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Middel-Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 174,1 tot 170,3 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Toarsium en gevolg deur die Bajosium.

Naam en definisie[wysig | wysig bron]

Die Aalenium is genoem na Aalen in Duitsland, 100 km oos van Stuttgart. Die naam is in 1864 daaraan gege deur die Duitse stratigraaf Karl Mayer-Eymar.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Leioceras, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Hyperlioceras. Die tipeligging en globale stratotipepunt is in ’n ontsluiting 500 m noord van die dorp Fuentelsaz in Spanje.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Gradstein et al. (2012)
  2. Base of Aalenian Stratotype - www.stratigraphy.org

Bronne[wysig | wysig bron]

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.