Aborsie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aborsie
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 O04
ICD-9 779.6
DiseasesDB 4153
MedlinePlus   002912
eMedicine article/252560
MeSH D001161
Star of life caution.svg Mediese waarskuwing
Internasionale status van aborsiewette volgens VN se 2013-verslag oor aborsie-wet.[1] ██ Wettig op versoek. ██ Wettig vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, verkragting, fetale defekte en/of sosio-ekonomiese faktore. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, verkragting, en/of fetale defekte. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, en/of verkragting. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid en/of geestelike gesondheid. ██ Onwettig, met geen uitsonderings. ██ Verskil per regio. ██ Geen inligting.[2]

'n Aborsie of vrugafdrywing is die voortydige beëindiging van 'n swangerskap, voor die embrio kan ontwikkel of die fetus (baba) gebore kan word. Aborsies kan spontaan plaasvind, meestal omdat iets tydens die swangerskap verkeerd gegaan het. Wanneer dit gebeur, word dit 'n miskraam genoem. Mense kan ook 'n swangerskap doelbewus beëindig. Dit staan as 'n geïnduseerde aborsie of opsetlike vrugafdrywing bekend. Die term aborsie verwys mees algemeen na laasgenoemde. Die soortgelyke prosedure, as die fetus reeds op sy eie kan oorleef, word medies gesproke die "laat beëindiging van swangerskap" genoem.[3]

Onveilige aborsies is wêreldwyd vir ongeveer 47 000 sterftes[4] en die hospitalisasies van 5 miljoen moeders[5] per jaar verantwoordelik. Die grootste rede hiervoor is die omstandighede waaronder dit uitgevoer word; dikwels omdat dit onwettig plaasvind. Oor die hele wêreld word ongeveer 44 miljoen aborsies per jaar uitgevoer, waarvan net iets onder die helfte op onveilige wyse geskied.[6]

Aborsie in die ontwikkelde wêreld het 'n lang geskiedenis as een van die veiligste mediese prosedures, gegewe dat dit in ooreenstemming met plaaslike wetgewing geskied.[7][8] Ongekompliseerde aborsies veroorsaak nie langtermyn geestelike of fisiese probleme nie.[4] Die wêreldgesondheidsorganisasie beveel aan dat dieselfde vlak van veilige en wettige aborsies vir alle vroue wêreldwyd beskikbaar gestel word.[9] Teen 2008 het veertig persent van die wêreld se vroue toegang tot wetlike aborsies gehad, ongeag die rede daarvoor. Daar is egter steeds perke ten opsigte van hoe lank na die swangerskap dit uitgevoer mag word.[10]

Geïnduseerde aborsie is sedert antieke tye reeds met metodes soos kruie, die gebruik van skerp gereedskap, fisiese trauma, en ander tradisionele metodes toegepas. Wetgewing rondom aborsies, hoe dikwels hulle uitgevoer mag word, asook hul kulturele en godsdienstige status wissel grootliks tussen verskillende wêrelddele. In baie lande bestaan daar prominente openbare omstredenheid oor die morele, etiese en regskwessies van aborsie.[11]

Moderne medikasie of chirurgiese metodes kan vir geïnduseerde aborsies gebruik word. Medikasie soos Mifepristone en Prostaglandin is tydens die eerste trimester net so effektief as chirurgiese metodes.[12][13] Terwyl die gebruik van medikasie in die tweede trimester effektief kan wees, blyk dit dat chirurgiese metodes 'n laer risiko vir newe-effekte inhou.[14]

Verskillende lande het verskillende wetgewing met betrekking tot geïnduseerde aborsie. Terwyl aborsie in baie lande onwettig is, is daar dikwels uitsonderings waaronder dit wel toelaat word, veral in gevalle soos bloedskande, verkragting, ernstige fetale defekte of as die moeder se gesondheid op die spel is.[15]

Diegene wat teen aborsie is argumenteer algemeen dat 'n embrio of fetus 'n mens is, wat die reg het om te lewe. Hulle vergelyk aborsie dikwels met moord.[16][17] Diegene wat aborsie ondersteun beklemtoon meestal die vrou se reg om sake rakende haar eie liggaam te reël, asook menseregte in die algemeen.[18]

Geboortebeperkings, soos die pil en ander toestelle, kan onmiddellik na 'n aborsie gebruik word.[13]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "World Abortion Policies 2013" (PDF). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Verkry op 31 Julie 2013. 
  2. World Abortion Policies 2007, United Nations, Department of Economic and Social Affairs, Population Division.
  3. (2010) “Abortion jabberwocky: the need for better terminology”. Contraception 81 (2): 93–6. doi:10.1016/j.contraception.2009.09.005.
  4. 4,0 4,1 (2014) “Abortion”. BMJ 348. doi:10.1136/bmj.f7553.
  5. (December 2009) “Unsafe abortion: global and regional incidence, trends, consequences, and challenges” (PDF). Journal of Obstetrics and Gynaecology Canada 31 (12): 1149–58.
  6. (en) http://www.who.int/reproductivehealth/publications/unsafe_abortion/induced_abortion_2012.pdf
  7. (2006) “Unsafe abortion: The preventable pandemic” (PDF). The Lancet 368 (9550): 1908–1919. doi:10.1016/S0140-6736(06)69481-6.
  8. (Nov 2014) “Mortality of induced abortion, other outpatient surgical procedures and common activities in the United States.”. Contraception 90 (5): 476–479. doi:10.1016/j.contraception.2014.07.012.
  9. (2012) Safe abortion: technical and policy guidance for health systems, 2nd ed., Geneva: World Health Organization. p. 8. ISBN 9789241548434. 
  10. Culwell KR, Vekemans M, de Silva U, Hurwitz M (July 2010). “Critical gaps in universal access to reproductive health: Contraception and prevention of unsafe abortion”. International Journal of Gynecology & Obstetrics 110: S13–16. doi:10.1016/j.ijgo.2010.04.003.
  11. Joffe, Carole (2009). “1. Abortion and medicine: A sociopolitical history”, Management of Unintended and Abnormal Pregnancy (PDF), 1st, Oxford, United Kingdom: John Wiley & Sons, Ltd.. ISBN 978-1-4443-1293-5. 
  12. (9 November 2011) “Medical methods for first trimester abortion.”. The Cochrane database of systematic reviews (11): CD002855. doi:10.1002/14651858.CD002855.pub4.
  13. 13,0 13,1 (Sep 2013) “A review of evidence for safe abortion care.”. Contraception 88 (3): 350–63. doi:10.1016/j.contraception.2012.10.027.
  14. (19 Januarie 2011) “Medical methods for mid-trimester termination of pregnancy.”. The Cochrane database of systematic reviews (1): CD005216. doi:10.1002/14651858.CD005216.pub2.
  15. (2008) “Developments in Laws on Induced Abortion: 1998–2007”. International Family Planning Perspectives 34 (3): 110–120. doi:10.1363/ifpp.34.110.08.
  16. Pastor Mark Driscoll (18 Oktober 2013). "What do 55 million people have in common?". Fox News. Verkry op 2 Julie 2014. 
  17. Dale Hansen (18 Maart 2014). "Abortion: Murder, or Medical Procedure?". Huffington Post. Verkry op 2 Julie 2014. 
  18. (2013) Reproductive Freedom, Torture and International Human Rights Challenging the Masculinisation of Torture.. Hoboken: Taylor and Francis. p. 3. ISBN 978-1-135-11522-7. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]