Agas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Agas volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.

Agas was die twaalfde koning van die koninkryk van Juda en het 16 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Jotam. Volgens die Bybel het hy die Here uitgetart deur offers aan ander gode te bring. Ná sy dood is hy nie in die begraafplaas van die konings begrawe nie. Tydens sy regeringstyd is koning Hosea van die noordelike koninkryk van Israel in ballingskap weggevoer.