Al Jazeera

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Al Jazeera
Al Jazeera se kenteken
Al Jazeera se kenteken
Gestig 1 November 1996
Eienaar Al Jazeera Media Network
Beeldformaat 1080i (HD)
576i (SD)
Slagspreuk "The Opinion and The Other Opinion"
Land Vlag van Katar Katar
Taal Arabies
Uitsaaiarea Wêreldwyd
Hoofkantoor Doha, Katar
Susterkanale Al Jazeera English
Al Jazeera Mubasher
Al Jazeera Balkans
Al Jazeera Türk
Al Jazeera Documentary Channel
Webtuiste www.aljazeera.net
Arabsat kanaal 11604 H – 27500 – 3/4
Nilesat kanaal 10971 V – 27500 – 3/4 (SD)
11219 H – 27500 – 5/6 (HD)
Hotbird kanaal 12111 V – 27500 – 3/4
Mozaic TV kanaal Channel 100
Channel 490 (SD) kanaal Mozaic TV (Katar)
Al Jazeera se kenteken
Al Jazeera se Engelse ateljee.
Al Jazeera se beheerkamer in Londen.

Al Jazeera (Arabies: الجزيرة‎‎, al-ǧazīrah, [æl dʒæˈziːrɐ]; letterlik: "die eiland", wat verwys na die Arabiese Skiereiland as 'n geheel[1]) is 'n Arabiese TV-netwerk wat van Doha, die hoofstad van Katar, uitsaai. Hulle is veral bekend vir hulle nuuskanaal, wat deur talle mense in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en deur Arabiese sprekers oor die wêreld gevolg word. Hulle het aanvanklik slegs in Arabies uitgesaai, maar bied tans ook 'n Engelse kanaal, wat hoofsaaklik oor nuusgebeure en politieke kwessies handel.

Al Jazeera is in 1996 begin, nadat die BBC hulle Arabiese TV-stasie gesluit het. Sheikh Hamad bin Khalifa het 150 miljoen Amerikaanse dollar vir die oprigting van die netwerk bewillig. Baie van die joernaliste wat aanvanklik vir die BBC gewerk het, het na die nuwe netwerk oorgeskuif.

Die netwerk se bereidwilligheid om verskillende menings uit te saai het al menige kere omstredenheid in die Arabiese en Persiese wêreld veroorsaak. In 2001 het hulle wêreldwye aandag geniet toe hulle die enigste netwerk was wat die oorlog in Afghanistan lewendig uitgesaai het.[2]

Die netwerk is al van propaganda beskuldig,[3] maar hou vol dat hulle al die kante van die storie dek. As voorbeeld het hulle per geleentheid Israel se sienings uitgesaai, en selfs video's van Osama bin Laden gebeeldsend.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) FAQ – What does "Al Jazeera" mean?”. Al Jazeera America. URL besoek op 10 Oktober 2015.
  2. (en) Whitaker, Brian (7 Februarie 2003). "Battle station". The Guardian. Londen. Besoek op 26 Augustus 2011. 
  3. (en) Oren Kessler. “The Two Faces of Al Jazeera”. Middle East Forum. URL besoek op 16 Junie 2015.
  4. (en) Al Jazeera: The Most-Feared News Network, http://www.brookings.edu/research/articles/2013/06/15-al-jazeera-news-network-world-arab-eyes-telhami 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]