Alfadeeltjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Alfadeeltjies (simbool: α) is swaar, positief gelaaide deeltjies wat selfs nie in lug baie ver beweeg nie. Hulle is baie ioniserend, alhoewel hulle nie die menslike vel kan binnedring nie. Alfadeeltjies kan gevolglik net binne-in die liggaam skadelik wees. Hulle kan die liggaam binnedring deur die inaseming van radioaktiewe stof of die inname van radioaktiewe materiaal wat alfastraling afgee.

Indien radioaktiewe elemente wat alfadeeltjies uitstraal wel in 'n mens se liggaam beland, kan dit gevoelige organe soos die longe en skelet beskadig. Deur stofbeheermaatreëls te installeer of die regte gebruik van asemhalingsbeskermingsapparate soos stofmaskers, kan die inaseming of inname van materiale wat alfadeeltjies afgee tot die minimum beperk word.

Alfadeeltjies is die atoomkerne van 4He-atome en wanneer hulle geneutraliseer raak vorm dit heliumgas. Op aarde is radioaktiwiteit wat alfastraling vrystel die belangrikste bron van hierdie element.