Griekse alfabet
Griekse alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet | |||
Tyd gebruik | Sedert 800 v.C. | |||
Rigting | Links na regs | |||
Streek | Amptelik in | |||
Tale | Grieks | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Egiptiese hiërogliewe
| |||
Dogterstelsels | ||||
ISO 15924 | Grek, 200 | |||
Unicode | U+0370–U+03FF Grieks en Kopties, U+1F00–U+1FFF Grieks uitgebrei | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
|
Die Griekse alfabet (Grieks: Ελληνικό αλφάβητο, Ellinikó Alfávito) is gebruik om Grieks sedert ongeveer die 9de eeu v.C. te skryf. Dit is die eerste ware alfabet, een wat 'n simbool vir elke vokaal en konsonant het, en is die oudste alfabet wat steeds in gebruik is.
Ander gebruike
[wysig | wysig bron]Die letters word ook gebruik om syfers voor te stel, net soos die Romeinse syfers. Behalwe by die skryf van moderne Grieks, word die letters ook gebruik as wiskundige simbole, by die name van deeltjies in bv. fisika, as name van sterre, in die name van tropiese siklone, en ook vir ander gebruike.
Ontstaan
[wysig | wysig bron]Die Griekse alfabet het ontstaan as 'n aanpassing van die Fenisiese alfabet, en het weer op sy beurt aanleiding gegee tot die skep van die Latynse, Koptiese, Cyrilliese en vele ander alfabette. Die Griekse alfabet is nie verwant aan die Lineêr B en die Sipriotiese lettergreepskrif, vroeëre skryfstelsels van Grieks, nie.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- Greek alphabet. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Griekse alfabet.