Alloway

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Alloway
Allmhaigh
Alloway Village Post Office - geograph.org.uk - 534714.jpg
Ligging van Alloway op 'n kaart (Skotland)
Alloway
Alloway
Koördinate: 55°25′48″N 4°38′9.6″W / 55.43000°N 4.636000°W / 55.43000; -4.636000Koördinate: 55°25′48″N 4°38′9.6″W / 55.43000°N 4.636000°W / 55.43000; -4.636000
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Skotland
Council area South Ayrshire
Bevolking
 - Dorp 4 245
Tydsone MGT (UTC+0:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+1:00)
Poskode KA7
Skakelkode(s) 01292
Die bouval van Alloway se ou kerk (Skots: Alloway Auld Kirk) en sy kerkhof. Die kerk het bekendheid verwerf as die toneel van die heksedans in Robert Burns se gedig Tam o' Shanter

Alloway (Skots-Gaelies: Allmhaigh [aɫ̪avaj]) is 'n beskermde nedersetting in South Ayrshire, Skotland wat tans administratief aan die nabygeleë Ayr behoort. Die nedersetting staan veral bekend as die geboorteplek van Skotland se nasionale digter, Robert Burns, waaraan hy sy gedig Tam o' Shanter gewy het. 'n Ander bekende boorling van Alloway is die messelaar Tobias Bachope wie se werk Hopetoun House, Craigiehall en Kinross House insluit.

Die historiese dorpie Alloway en sy omgewing is in 1935 by die vroeëre Royal Burgh of Ayr ingesluit. Dit is tans 'n voorstad van Ayr, 'n groot dorp aan die Doonrivier (River Doon).