Ayr
Ayr Inbhir Àir | |
---|---|
Koördinate: 55°27′29″N 4°37′44″W / 55.45806°N 4.62889°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Skotland |
Council area | South Ayrshire |
Bevolking | |
• Totaal | 46 490 (2 015) |
Tydsone | UTC+0:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+1:00 (BST) |
Poskode | KA6–KA8 |
Skakelkodes | 01292 |
Ayr ([ɛər]; Skots-Gaelies: Inbhir Àir, "Monding van die River Ayr") is 'n nedersetting langs die suidweskus van Skotland, sowat 35 myl (55 km) suidwes van Glasgow geleë. Dit is die administratiewe setel van die South Ayrshire-raadsgebied (council area) en die historiese hoofstad (county town) van die graafskap Ayrshire, met 'n bevolking van 46 490 in 2015.
Ayr se lang sandstrand het van die nedersetting in die Victoriaanse tydperk 'n gewilde strandoord vir gesinne gemaak. Al het Ayr in die vroeë 21ste eeu deur ekonomies moeilike tye gegaan, is sy statige Georgiaanse en Victoriaanse boukuns 'n besienswaardigheid uit eie reg. Ayr is daarnaas 'n maklike basis vir toere langs die kus. Alloway is 'n nabygeleë toeristetrekpleister, net drie myl suid van Ayr, wat sy groot seun, Skotland se nasionale digter Robert Burns, met 'n museum vereer.
Bekende boorlinge
[wysig | wysig bron]- Neil Oliver, televisie-aanbieder, argeoloog, omgewingsbewaarder en skrywer; president van die National Trust for Scotland (1967)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Toerisme