Amir Abbas Howeida
Voorkoms
Amir Abbas Howeida | |
70ste Premier van Iran
| |
Ampstermyn 26 Januarie 1965 – 7 Augustus 1977 | |
Voorafgegaan deur | Hassan-Ali Mansur |
---|---|
Opgevolg deur | Jamshid Amouzegar |
Vise-premier van Iran
| |
Ampstermyn 7 Maart 1964 – 26 Januarie 1965 | |
Voorafgegaan deur | Jafar Sharif-Emami |
Opgevolg deur | Ardeshir Zahedi |
Minister van finansies
| |
Ampstermyn 7 Maart 1964 – 1 Februarie 1965 | |
Voorafgegaan deur | Kamal Hassani |
Opgevolg deur | Jamshid Amouzegar |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 18 Februarie 1919 Teheran, Iran |
Sterf | 7 April 1979 Teheran, Iran |
Politieke party | Pan-Iranse Party (1950-1964) Nuwe Iran Party (1964-1975) Rastakhiz (1975-1977) |
Eggenoot/-note | Rozita Mansur (1950-1952) Leila Emami (1964-1973) |
Alma mater | Université Libre de Bruxelles, Brussel |
Religie | Sjiïtiese Islam |
Amir Abbas Howeida (Persies: امیرعباس هویدا; Amīr `Abbās Howeida, * 18 Februarie 1919, † 7 April 1979 in Teheran) was 'n Iranse ekonoom en politikus wat tussen 27 Januarie 1965 en 7 Augustus 1977 as eerste minister gedien het. Sy ampstermyn van byna dertien jaar was die langste van alle premiers in die geskiedenis van Iran. Howeida het daarnaas ook die ampte van vise-premier en minister van finansies in die kabinet van Hassan-Ali Mansur beklee.
Ná die Iranse Rewolusie in 1979 is hy deur die nuut geskepte Islamitiese Rewolusionêre Geregshof skuldig bevind van "oorlogsvoering teen God" en die "verspreiding van korrupsie op Aarde", ter dood veroordeel en tereggestel.