7 Augustus
Voorkoms
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
7 Augustus is die 219de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (220ste in skrikkeljare). Daar volg nog 146 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 767 – Pous Stefanus III volg Pous Paulus I op.
- 1316 – Pous Johannes XXII volg Pous Clemens V op.
- 1442 – Keiser Frederik III stel Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) aan as hofdigter.
- 1587 – Pous Sixtus V stel William Allen, Engelse priester aan die Vatikaan, aan as kardinaal.
- 1794 – Boere in Pennsilvanië rebelleer teen federale belasting op drank, en begin die Whiskeyrebellie.
- 1814 – Pous Pius VII herstel die Jesuǐte in ere.
- 1883 – Die eertydse onafhanklike republiek, Stellaland, verenig met Goosen in die noorde van die Kaapkolonie.
- 1927 – Die Vredebrug tussen Fort Erie, Ontario en Buffalo, New York word in gebruik geneem.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde Magte land op Guadalcanal-eiland en die Slag van Guadalcanal begin.
- 1958 – Die duikboot USS Seawolf duik en kom eers weer op 6 Oktober na die oppervlakte.
- 1960 – Die Ivoorkus word van Frankryk onafhanklik.
- 1972 – Ugandese leier Idi Amin gee Asiate 90 dae om die land te verlaat.
- 1998 – Bomaanvalle op die VSA se ambassades in Dar es Salaam en Nairobi dood 224 en beseer meer as 4 500 mense.
- 1987 – ’n Amerikaanse vrou word die eerste persoon om oor die Beringstraat van die VSA na die Sowjet-Unie te swem.
- 2003 – Amrozi bin Nurhasyim word skuldig bevind aan die bomaanval op 'n nagklub in Bali in 2002 waarin 190 mense gesterf het.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1794 – Abraham Josias Cloete, Afrikaanse generaal in die Britse leër († 1886)
- 1881 – E.G. Jansen, Suid-Afrikaanse politikus en agste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1951–1959) († 1959).
- 1895 – Cecilia Wessels, Suid-Afrikaanse operasangeres († 1970).
- 1916 – Lalie Beukes, Afrikaanse skrywer († 2009).
- 1920 – Willie Maree, Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Nasionale Party in Natal († 1980).
- 1923 – Willem Barnard, Springbokrugbyspeler († 2012).
- 1928 – James Randi, Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus († 2020).
- 1933 – Wilma Stockenström, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise.
- 1942 – B.J. Thomas, Amerikaanse sanger en akteur († 2021).
- 1955 – Wayne Knight, Amerikaanse akteur.
- 1957 – Christiana Figueres, Costa Rica klimaataktivis.
- 1974 – Michael Shannon, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.
- 1975 – Charlize Theron, Suid-Afrikaanse Hollywood-rolprentaktrise.
- 1996 – Brendan Peyper, Afrikaanse sanger en akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1560 – Anastasia Romanowna, die eerste vrou van Iwan die Verskriklike van Rusland (* 1530)
- 1941 – Rabindranath Tagore, Bengaalse digter en Nobelpryswenner (* 1861).
- 1957 – Oliver Hardy, Amerikaanse akteur (* 1892).
- 2000 – Tolla van der Merwe, Suid-Afrikaanse storieverteller en komediant (* 1943).
- 2012 – Noreen Berry, Suid-Afrikaansgebore mezzosopraan (* 1931).
- 2019 – Kary Mullis, Amerikaanse biochemikus (* 1944).
- 2021 – Markie Post, Amerikaanse aktrise (* 1950).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 August. |
- Feesdag van Pous Sixtus II in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Onafhanklikheidsdag in die Ivoorkus (1960).