Amnestie Internasionaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Posseël van die Faroëreilande om Amnestie Internasionaal se 25ste bestaansjaar te gedenk.

Amnestie Internasionaal (meer bekend as Amnesty of AI) is 'n organisasie wat help om menseregte te beskerm, veral die reg om persoonlike oortuigings sonder vrees vir vervolging uit te leef.[1] Dit is 'n nie-regeringsorganisasie (NRO) wat gegroei het tot 'n wêreldwye beweging vir die monitering van en aktivisme teen oortredings van internasionaalaanvaarde menseregtestandaarde. AI is in 1961 in Brittanje gestig en AI-aktiviste vergelyk menseregtevergrype in alle lande teen internasionaalaanvaarbare standaarde. AI probeer daarna druk op regerings uit te oefen om te voldoen aan hierdie standaarde. Dit word gedoen deur openbare mening te mobiliseer wat daarna oorspoel tot druk op regerings en organisasies. AI was sedert sy stigting verantwoordelik dat menseregtestandaarde in baie lande wêreldwyd ingrypend verander het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]