Annette Steyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Annette Steyn
Annette Steyn

Skaduminister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming
Ampsbekleër
Termynaanvang
5 Junie 2019
Leier Mmusi Maimane
John Steenhuisen

Skaduminister van landbou, bosbou en visserye
Ampstermyn
1 Februarie 2012 – 5 Junie 2019
Leier Lindiwe Mazibuko
Mmusi Maimane

Lid van die parlement
Ampsbekleër
Termynaanvang
2009

Persoonlike besonderhede
Gebore 2 Junie 1969 (1969-06-02) (52 jaar oud)
Politieke party Demokratiese Alliansie

Annette Steyn (gebore 2 Junie 1969) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie sedert 2009. Sy was ook op 'n stadium die DA se Oos-Kaapse provinsiale voorsitter.

Politieke loopbaan[wysig | wysig bron]

Steyn het voorheen as munisipale raadslid van die nou vervalle Gariep Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap gedien, voor haar verkiesing tot die Nasionale Vergadering in Mei 2009. Sy is op 6 Mei 2009 as lid ingehuldig. Kort daarna, op 14 Mei 2009, het Athol Trollip, die DA-parlementêre leier, haar in die pos van skadu-adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming aangestel.[1] Sy het sedertdien in verskillende poste in die skadukabinet gedien.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Annette Steyn op Twitter
  • "Annette Steyn". People's Assembly. Besoek op 7 Julie 2018.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Zille, Helen; Trollip, Athol. DA se volle lys van skaduministers, Politicsweb, 14 Mei 2009. Besoek op 22 Julie 2019.