John Steenhuisen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
John Steenhuisen
John Steenhuisen

Leier van die Opposisie in die Nasionale Vergadering
Ampsbekleër
Termynaanvang
27 Oktober 2019
Voorafgegaan deur Annelie Lotriet (waarnemend)
Mmusi Maimane

Tussentydse Leier van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Termynaanvang
17 November 2019
Voorafgegaan deur Mmusi Maimane

Hoofsweep van die Amptelike Opposisie
Ampstermyn
29 Mei 2014 – 24 Oktober 2019
Vise Jacques Julius
Mike Waters
Voorafgegaan deur Watty Watson
Opgevolg deur Jacques Julius (waarnemend)
Natasha Mazzone

Persoonlike besonderhede
Gebore 25 Maart 1976 (1976-03-25) (44 jaar oud)
Durban
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/eggenote Terry Steenhuisen (2014–)
Julie Steenhuisen (2000–2010)
Kind(ers) 3
Alma mater Northwood Boys High School

John Henry Steenhuisen (gebore 25 Maart 1976) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sedert 2019 die tussentydse leier van die Demokratiese Alliansie (DA) en die leier van die opposisie in die Nasionale Vergadering. Hy het voorheen as die hoofsweep onder die leierskap van Mmusi Maimane gedien. Steenhuisen het 'n lid van die parlement in Julie 2011 geword. Voor dit was hy betrokke in die politiek van KwaZulu-Natal waar hy as die provinsiale leier van die DA en lid van KwaZulu-Natal Wetgewer gedien het. Hy was ook 'n raadslid in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit.

Vroeë lewe en opvoeding[wysig | wysig bron]

Steehuisen is op 25 Maart 1976 in Durban gebore. Hy het in 1993 aan die Northwood Boys High School, 'n Engels-medium sekondêre skool in Durban, gematrikuleer. Hy het nie by 'n tersiêre instelling gaan studeer nie.[1]

Politieke loopbaan[wysig | wysig bron]

Steenhuisen het by die Demokratiese Party aangesluit, die voorganger van die DA, as 'n aktivis voor hy lid van 'n tak geword het.[2]

Op die ouderdom van 22 in 1999 is hy as 'n lid van die destydse stadsraad van Durban verkies en het gevolglik een van die jongste raadslede geword. Hy het in 2006 die leier van die DA-koukus geword. Hy het op die uitvoerende raad van die stadsraad gedien.[3]

Steenhuisen het 'n lid van die KwaZulu-Natal Wetgewer in Mei 2009 geword en hy is ook as die party se koukus-leier aangestel. In Oktober 2009 word hy as die provinsiale leier van die DA verkies. Hy het die posisie van provinsiale leier tot Oktober 2010 gehou toe hy bedank het, te midde die onthulling van ontrou in sy huwelik.[4] Hy het as 'n lid van die wetgewer gedien totdat hy in Julie 2011 na die Nasionale Vergadering geskuif het. Hy het posisies met DA-LP Mark Steele verruil.[5]

In die parlement het hy as 'n lid van die Gesamentlike Staande Komitee vir die Finansiële Bestuur gedien. Hy is tans 'n lid van die Reëlskomitee. Hy het ook as die DA se skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake gedien.[3]

In Mei 2014 is hy as die hoofsweep van die amptelike opposisie aangestel. Hy het die amp tot Oktober 2019 gehou toe Mmusi Maimane van die DA en die parlement bedank het.[6] Hy het sy kandidaatskap vir leier van die opposisie aangekondig en hy is op 27 Oktober 2019 onbestrede verkies. Steenhuisen verklaar toe sy kandidaatuur vir die pos van tussentydse leier van die DA. Hy wen toe die verkiesing vir die pos op 17 November 2019 nadat hy vir Makashule Gana verslaan het.[7]

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Steenhuisen is vlot in Engels sowel as Afrikaans. Hy woon huidiglik in Umhlanga, KwaZulu-Natal en is 'n ondersteuner van die Sharks-rugbyunie en die AmaZulu FC-sokkerklub.[3]

Hy was vir tien jaar met Julie Steenhuisen getroud voordat hy hul egskeiding in Oktober 2010 aangekondig het, te midde van openbare onthullings van sy voortslepende verhouding met Terry Kass Beaumont, die DA se provinsiale woordvoerder en vrou van Michael Beaumont, die DA se provinsiale direkteur.[8]

Steenhuisen het twee dogters uit sy huwelik met Julie. Hy het later met Terry getrou en hulle het 'n dogter saam.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (In Engels) Mtshali, Samkelo. John Steenhuisen's lack of post-matric qualification back in spotlight, Durban, IOL, 29 Oktober 2019. Besoek 19 Desember 2019.
  2. (in Engels) Swana, Annelisa. Steenhuisen has a plan as he guns for DA's top spot, DispatchLIVE, 16 November 2019. Besoek 19 Desember 2019.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 John Steenhuisen biography: age, wife, education, qualification, DA, Twitter, and SONA 2019, Briefly. Besoek 19 Desember 2019.
  4. Changes in KZN DA leadership, News24, 19 Oktober 2010. Besoek 19 Desember 2019
  5. DA caucus leader moves to Cape. Besoek op 19 Desember 2019.
  6. Mahlati, Zintle. John Steenhuisen to no longer serve as DA chief whip in Parliament, IOL, 24 Oktober 2019. Besoek 19 Desember 2019.
  7. DA se tussentydse leiers aangewys, Maroela Media, 17 November 2019. Besoek 19 Desember 2019
  8. (in Engels) DA leader quits over sex scandal, News24, 24 Oktober 2010. Besoek 19 Desember 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • John Steenhuisen op Twitter
  • "John Henry Steenhuisen". People's Assembly. Besoek op 7 Julie 2018.