Gaan na inhoud

Heuningby

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Apis mellifera)

Heuningby
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
A. mellifera
Binomiale naam
Apis mellifera
Linnaeus, 1758
Subspesies
Verskeie. Sien teks.
██  globale verspreiding
Sinonieme
Apis mellifica Linnaeus, 1761

Die heuningby (Apis mellifera) is 'n insek wat dwarsoor die wêreld versprei is. Heuningbye word deur die mens benut vanweë die heuning en byewas wat hulle produseer, asook vir die bestuiwing van gewasse (veral vrugte). Byebevolkings wat vir menslike gebruik aangewend word, word deur byeboere aangehou en onderhou.

In Europa bestaan daar twee geneties verskillende bevolkings heuningbye. Uit DNS-analises blyk dit dat hierdie twee bevolkings nouer verwant aan die Afrika-heuningby is as aan mekaar.

Heuningbye beskik oor 'n interne biologiese klok wat hulle in staat stel om beter te kan navigeer en hul take te kan verdeel. Hulle is uiters sosiale insekte en woon in gemeenskappe wat uit ongeveer 'n halfmiljoen bye bestaan. Verreweg die meeste lede van hierdie gemeenskappe is steriele vroulike werkerbye. Slegs 'n paar honderd bye in die bevolking is mannetjies, ook dar of waterdraer genoem. 'n Waterdraer se taak is om met 'n koningin te paar ('n aantal van hulle met een koningin op haar "bruidsvlug") en dié vrugbare wyfie se taak is om daarna lewenslank eiers te lê ten einde die byegemeenskap se voortbestaan te verseker.

Subspesies

[wysig | wysig bron]
Raam uit 'n byekorf wat hul aanwending van wasselle vir verskillende doeleindes aandui
'n Nabyskoot van 'n heuningby se poot met behulp van 'n mikroskoop
Noordwestelike Europa
  • A. m. iberica
  • A. m. intermissa
  • A. m. lihzeni
  • A. m. mellifera
  • A. m. sahariensis
Suidwestelike Europa
  • A. m. carnica
  • A. m. cecropia
  • A. m. ligustica
  • A. m. macedonica
  • A.m. ruttneri
  • A. m. sicula
Midde-Ooste
  • A. m. adamii
  • A. m. anatoliaca
  • A. m. armeniaca
  • A. m. caucasica
  • A. m. cypria
  • A. m. meda
Afrika
  • A. m. adansonii
  • A. m. capensis
  • A. m. intermissa
  • A. m. lamarckii
  • A. m. litorea
  • A. m. major
  • A. m. monticola
  • A. m. sahariensis
  • A. m. scutellata
  • A. m. unicolor
  • A. m. jemenitica

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]