Bainskloofpas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bainskloofpas
’n Beeld van die betrokke bergpas.
’n Deel van Bainskloofpas

Ligging van Bainskloofpas op 'n kaart (Wes-Kaap)
Bainskloofpas
Bainskloofpas
Koördinate: 33°36′8.6″S 19°6′42″O / 33.602389°S 19.11167°O / -33.602389; 19.11167Koördinate: 33°36′8.6″S 19°6′42″O / 33.602389°S 19.11167°O / -33.602389; 19.11167
Ligging Noordoos van Wellington
Maksimumhelling 1:13
Hoogte 701 m
Lengte 28 km
Oppervlak Teer
Ingenieur Thomas Bain
Begin in 1849
Voltooi in 1853
Verbou 1934
In Limietberge[verwysing benodig]
Pad R301

Die Bainskloofpas is 'n bergpas en nasionale gedenkwaardigheid op die R301-pad noordoos van Wellington in die Limietberge in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.[1] Die pas is deur Andrew Geddes Bain gebou. Dit verbind Wellington met die Tulbaghvallei. Bouwerk het in 1849 begin en is gedurende 1853 voltooi. Op 701 m bereik die pas sy hoogtepunt en dit het 'n maksimum helling van 1:13. Die pas is 28 km lank, waarvan 10 km uit die rots geskiet is met 15 ton buskruit. Die eerste motors het gedurende 1900 die eerste keer oor die pas gery. Gedurende 1934 is die pas verbreed en geteer. Dit is in 1980 tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.[2][3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Passes & Poorts. Marion Whitehead. 2010. ISBN 978-1-77009-805-3
  3. Padlangs deur Suid-Afrika. ISBN 978-1-77007-751-5

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]