Bank (finansiële instelling)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
ABSA Bank se hoofkantoor

'n Bank is 'n finansiële instelling waar geld bewaar of geleen kan word. Iemand se geld kan in 'n bank geplaas (gedeponeer) word vir veilige bewaring. Die bank kan ook 'n lening aan mense verskaf met die ooreenkoms om die geld later, gewoonlik met rente, terug te betaal. Die mense wat 'n bank bedryf word bankiers genoem.

Banke verdien geld uit die rente wat hulle van lenings ontvang. Sommige banke gebruik ook die geld wat hulle van deposito's ontvang om in besighede te belê en sodoende meer geld te maak.

Die meeste lande het 'n bank wat deur die staat daargestel is om die hoeveelheid geld wat in omloop is te beheer. So 'n bank word 'n nasionale bank genoem. 'n Nasionale bank stel rentekoerse vas en reik banknote en munte uit. In meeste moderne lande funksioneer die nasionale bank onafhanklik van die staat.

Die woord bank kom van die Italiaanse word banco, wat "werkbank" beteken. Italiaanse handelaars het in die Middeleeue langs banke gesit terwyl hulle oor die leen en uitleen van geld gekibbel het.

Banke in Suid-Afrika[wysig]

Suid-Afrika se nasionale bank is die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Van die ander bekende banke sluit in:

Eertydse banke sluit in Saambou en Volkskas.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: