Banks-eiland
Voorkoms
Banks-eiland Inheemse naam: Banks Island | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Banks-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 73°00′N 121°30′W / 73.000°N 121.500°W |
Argipel | Kanadese Arktiese Argipel
|
Oppervlakte | 70 028 vk km |
Hoogste punt | Durham Heights 730 m |
Administrasie | |
Kanada | |
Gebied | Noordwestelike gebiede
|
Grootste stad | Sachs Harbour
|
Demografie | |
Bevolking | 136
|
Die wêreld se 24ste grootste eiland en die vyfde grootste eiland van Kanada |
Banks-eiland (Engels: Banks Island), die wêreld se 24ste grootste eiland en die vyfde grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 70 028 km². Banks-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die Noordwestelike gebiede. Banks-eiland grens in die weste aan die Beaufortsee, in die suide aan die Golf van Amundsen, in die noorde aan die McClure-straat en in die ooste is die Victoria-eiland geleë. Dit is die westelikste eiland van die Kanadese Arktiese Argipel en genoem na die Britse natuurkundige Joseph Banks, wat James Cook op sy reise vergesel het.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Banks-eiland.
- (en) "Banks Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Banks Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.