Gaan na inhoud

Barney Barnato

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Barney Barnato
Portret van Barney Barnato
Gebore
Barnet Isaacs

21 Februarie 1851
Aldgate, Londen
Sterf14 Junie 1897 (op 46)
Op see, naby die eiland Madeira
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Beroepdiamante en goud mynbou-entrepreneur
EggenootFanny Christina Bees
KindersWoolf Barnato (1895-1948)
Isaac "Jack" Henry Woolf Barnato (ca. 1894-1918)
Leah Primrose Barnato (d. 1933)
Ouer(s)Isaac Isaacs
Leah Isaacs

Barney Barnato was 'n mynmagnaat (Randheer) wat sy fortuin gemaak het in Suid-Afrika tydens die diamant- en goudstormlope. Barney is gebore in 1852 in Londen as Barnett Isaacs en was die seun van 'n kroegbaas in die Ooseinde. Hy word 'n verhoogkunstenaar en bokser saam met sy broer, Henry onder die naam Bernato. Hy volg sy broer in 1873 na Suid-Afrika. Hulle werk in Kimberley as delwers, diamantkopers, spekulante en word skatryk. Hulle was in beheer van verskeie belangrike myne en kom in aanraking met Cecil Rhodes. Na 'n stryd vir die beheer van die diamantveld volg 'n samesmelting van belange in 1888. Barney word 'n lewenslange president van De Beers Consolidated Mines.

Van 1889 tot 1897 verteenwoordig hy Kimberley in die Kaapse parlement. Na die ontdekking van goud verhuis hy na Johannesburg en stig die maatskappy Johannesburg Consolidated Investment in 1889. Hy het 'n senuwee-ineenstorting gekry en in 1897 pleeg hy selfmoord deur oorboord te spring op een van sy seereise tussen Kaapstad en Southampton. Sy boedel was gewaardeer teen net minder as ₤ 1 000 000.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) William D. Rubinstein; Michael Jolles; Hilary L. Rubinstein (15 Maart 2011). The Palgrave Dictionary of Anglo-Jewish History. Palgrave Macmillan. pp. 52–. ISBN 978-1-4039-3910-4.[dooie skakel]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]