Gaan na inhoud

Bart de Graaff

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bart de Graaff in 1991

Bart Frederikus de Graaff (* 16 April 196725 Mei 2002) was 'n invloedryke Nederlandse televisieaanbieder, komediant en skepper van programme, sowel as die stigter en voorsitter van die Nederlandse Openbare Uitsaainetwerk BNN.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Bart Frederikus de Graaff is in Haarlem in Nederland gebore.

Vanweë 'n motorongeluk in sy jeug, het De Graaff vir die grootste deel van sy lewe aan nierversaking gely. Die kondisie het ook 'n groeistoornis tot gevolg gehad wat veroorsaak het dat De Graaff veel jonger as sy werklike ouderdom voorgekom het. Gedurende sy loopbaan as TV-aanbieder het hy dikwels dié voorkoms tot sy voordeel aangewend.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]
Versameling van items van Bart de Graaff

In 1997 het hy 'n Nederlandse Openbare Uitsaainetwerk, naamlik BNN, gestig. BNN staan vir Bart's News Network (BNN). Na sy dood is dit hernoem na Bart's Neverending Network. Die netwerk is toegespits op 'n jeugdige gehoor, en het gou bekend geword om sy uitlokkende programmering. 'n Televisieprogram, De Grote Donorshow deur BNN het 'n Emmy-toekenning verower.

Sterfte

[wysig | wysig bron]

Teen die einde van 1997 het De Graaff 'n skenkernier ontvang, en dit was vir hom moontlik om vir 'n wyle redelik normaal te leef. In 1999 is die nier egter verwerp en sy gesondheid het vinnig agteruitgegaan. De Graaff het op 25 Mei 2002 in die ouderdom van 35 jaar beswyk.