Gaan na inhoud

Ben Kruger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ben Kruger
Geboorte 25 Maart 1957
Bothaville
Sterfte 25 Mei 2021 (op 64)
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) Akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Ben Kruger (25 Maart 1957 – 25 Mei 2021), was 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle van Okkie Ferreira in Binnelanders, Neef Gert in 7de Laan en Sakkie Bezuidenhoudt in die SAUK2 se dramareeks, Zero Tolerance.[1] Hy sterf op 25 Mei 2021 in die ouderdom van 64 weens Covid-19.[2]

Biografie

[wysig | wysig bron]

Kruger is op 25 Maart 1957 op Bothaville in die Vrystaat gebore. Sy pa was 'n pastoor in die plaaslike AGS-gemeente en sy ma 'n nooi van Bloemfontein. Op tweejarige ouderdom verhuis hulle na Kaapstad en op vierjarige ouderdom na Johannesburg waar hy sy skoolopleiding by die Hoër Seunskool Helpmekaar voltooi het.

Na skool het Kruger vir 18 maande diens in die Suid-Afrikaanse Vloot gedoen, waarna hy sy B.A. (Drama) aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Filmografie

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Profiel op TVSA, besoek op 5 Januarie 2013
  2. Bezuidenhout, Leonie (26 Mei 2021). Ben Kruger sterf (af). Maroela Media. Argief geskep van die oorspronklike op 26 Mei 2021. URL besoek op 26 Mei 2021.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]