Ben Nevis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ben Nevis
Ben Nevis, soos gesien vanuit Fort William
Ben Nevis, soos gesien vanuit Fort William
Ligging Skotland, Verenigde Koninkryk
Hoogte 1 344 meter
Reeks Grampian Mountains
Koördinate 56°47′49″N 05°00′13″W / 56.79694°N 5.00361°W / 56.79694; -5.00361Koördinate: 56°47′49″N 05°00′13″W / 56.79694°N 5.00361°W / 56.79694; -5.00361
Eerste bestyging 17 Augustus 1771
Eerste bestyger(s) James Robertson
Maklikste roete Stap
Vertaling van naam Beinn Nibheis: Kwaai berg, Berg met sy hoof in die wolke (Skots-Gaelies)
Ligging van Ben Nevis op 'n kaart (Skotland)
Ben Nevis
Ben Nevis

Ben Nevis (Skots-Gaelies: Beinn Nibheis, [peˈɲivəʃ]) is 'n berg in Skotland wat 1 344 meter hoog is. Dit is ook die hoogste berg op die Britse Eilande.[1] Die piek is aan die westelike kant van die Grampian Mountains-bergreeks in die Lochaber-streek van die Skotse Hoogland naby Fort William geleë.

Ben Nevis is 'n gewilde trekpleister vir staptoeriste en bergklimmers en word jaarliks deur 'n geskatte 100 000 besoekers bestyg, waarvan sowat driekwart die Poniepad-roete vanaf Glen Nevis volg. Die rotswande aan die noordelike kant van Ben Nevis word as van die hoogstes in die Verenigde Koninkryk gereken en bied rotsklim- en rotsklouteropsies van verskillende moeilikheidsgrade vir bergklimmers. Hulle is ook die belangrikste bestemming vir ysklimentoesiaste in die land.

Die toppunt van Ben Nevis is die ineengestorte koepel van 'n ou vulkaan waar die bouvalle van 'n vroeëre weerstasie, wat tussen 1883 en 1904 beman was, besigtig kan word. Die weerkundige gegewens, wat in daardie tydperk versamel is, speel steeds 'n belangrike rol by die ontleding van weerwaarnemings in Skotse berggebiede. Die Skotse natuur- en weerkundige C.T.R. Wilson (1869–1959), wat 'n tyd lank by die weerstasie werksaam was, is hier geïnspireer tot die uitvinding van sy "wolkekamer" (ook Wilson-kamer genoem), 'n detektor vir ioniserende straling.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]