Bennett-Lapid-kabinet
| |
Periode: 2021 – 2022 | |
Strekking: regs-sentraal-links | |
Premier: Yair Lapid (Yesh Atid) | |
Beoogde premier: Naftali Bennett (Yamina) | |
Presidente: Reuven Rivlin (HaLikud) (2021), Isaac Herzog (HaAvoda) (2021-) | |
Deelnemende partye: | |
* Yesh Atid | |
* Kahol Lavan | |
* HaAvoda | |
* Yisrael Beiteinu | |
* Yamina | |
* Tikva Hadasha | |
* Meretz | |
* Ra'am | |
Setels: 60 | |
Vorige: Netanyahu-Gantz-kabinet | |
Volgende: Netanyahu VI-kabinet |
Die Bennett-Lapid-kabinet, Hebreeus: ממשלת ישראל השלושים ושש - Mem'shelet Yisra'el HaShloshim VeShesh, was die 36ste regering van Israel gewees.[1] Hierdie kabinet het van 13 Junie 2021 tot 29 Desember 2022 regeer.[2] Die Eerste minister was Naftali Bennett van die Yamina-alliansie gewees. Volgens 'n ooreenkoms binne die koalisie sou Yair Lapid van die Yesh Atid-party op 27 Augustus 2023 by Bennett oorneem en die premier word,[3] maar Lapid was Bennett reeds op 1 Julie 2022 opgevolg omdat die kabinet op 30 Junie geval was en sedertdien demissionêr was.[4]
In die kabinet het agt partye saamgewerk (waaronder 'n Arabiese party), wat verskillende oortuigings huldig maar hul kragte saamgesnoer het, sodat Benjamin Netanyahu van die HaLikud-party as premier uitgekikker was. Die Bennett-Lapid-kabinet het tot 6 April 2022 oor 61 setels beskik in die 24ste Knesset.[5] Sedertdien het die kabinet slegs uit 60 setels bestaan.[6]
Deelnemende partye
[wysig | wysig bron]Party (alliansie) | Posisie | Setels |
---|---|---|
Yesh Atid | midde | 17 |
Hosen L'Yisrael / Israel Veerkragtig (Kahol Lavan / Blou en Wit) |
midde-nasionalisties | 8 |
HaAvoda / Arbeidsparty | links | 7 |
Yisrael Beiteinu | regs-nasionalisties, sekulêr |
7 |
HaYamin HeHadash / Nuwe Regs (Yamina) |
regs-nasionalisties, (religieus) |
6 [7] |
Tikva Hadasha / Nuwe Hoop | liberaal, nasionalisties |
6 |
Meretz | links, sekulêr |
6 |
Ra'am / Verenigde Arabiese Lys | Arabies, Islamities |
4 |
Totaal | 61 |
Ministers en adjunkministers
[wysig | wysig bron]Die Bennett-Lapid-kabinet het bestaan uit 27 ministers (waarvan 8 vroue) en 5 adjunkministers.
Die ministers was ingesweer op 13 Junie en die adjunkministers op 28 Junie 2021.
Pos | (Adjunk)-minister | Party | Opmerkinge |
---|---|---|---|
Eerste minister | Yair Lapid | Yesh Atid | |
Beoogde eerste minister | Naftali Bennett | Yamina | |
Vise eerste minister | Gideon Sa'ar | Tikva Hadasha | |
Vise eerste minister | Benny Gantz | Kahol Lavan | |
Premier se kantoor, verbinding met die Knesset | Zeev Elkin | Tikva Hadasha | |
Arbeid, sosiale sake en dienste | Meir Cohen | Yesh Atid | |
Binnelandse sake | Ayelet Shaked | Yamina | |
Bou en behuising | Zeev Elkin | Tikva Hadasha | |
Buitelandse sake | Yair Lapid | Yesh Atid | |
Diasporasake | Nachman Shai | HaAvoda | |
Ekonomie en nywerheid | Orna Barbivay | Yesh Atid | |
Finansies | Avigdor Lieberman | Yisrael Beiteinu | |
Finansies-ministerie | Hamad Amar | Yisrael Beiteinu | |
Gemeenskapsake | Naftali Bennett | Yamina | |
Gesondheid | Nitzan Horowitz | Meretz | |
Immigrasie en opname | Penina Tamanu | Kahol Lavan | |
Inligtings | Elazar Stern | Yesh Atid | |
Jerusalem se sake en erfenis | Ze'ev Elkin | Tikva Hadasha | |
Justisie | Gideon Sa'ar | Tikva Hadasha | |
Kommunikasie | Yoaz Hendel | Tikva Hadasha | |
Kultuur en sport | Yehiel Tropper | Kahol Lavan | |
Landbou en landelike ontwikkeling | Oded Forer | Yisrael Beiteinu | |
Nasionale digitale sake | Naftali Bennett | Yamina | |
Nasionale Infrastruktuur, Energie en Water | Karine Elharrar | Yesh Atid | |
Omgewingsbeskerming | Tamar Zandberg | Meretz | |
Onderwys | Yifat Shasha-Biton | Tikva Hadasha | |
Ontwikkeling van die uithoeke, Negev en Galilea | Oded Forer | Yisrael Beiteinu | |
Openbare veiligheid | Omer Barlev | HaAvoda | |
Regionale saamwerking | Esawi Frej | Meretz | |
Religieuse dienste | Matan Kahana | Yamina | |
Sosiale gelykheid en pensioene | Meirav Cohen | Yesh Atid | |
Toerisme | Yoel Razvozov | Yesh Atid | |
Verdediging | Benny Gantz | Kahol Lavan | |
Vervoer en verkeersveiligheid | Merav Michaeli | HaAvoda | |
Wetenskap en tegnologie | Orit Farkash-Hacohen | Kahol Lavan | |
Premier se kantoor, adjunk | Abir Kara | Yamina | |
Premier se kantoor, Arabiese sake, adjunk | Mansour Abbas | Ra'am | |
Buitelandse sake, adjunk | Idan Roll | Yesh Atid | |
Openbare veiligheid, adjunk | Yoav Segalovitz | Yesh Atid | |
Verdediging, adjunk | Alon Schuster | Kahol Lavan |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ New government led by Bennett set to replace Netanyahu today, The Jerusalem Post, 13 Junie 2021
- ↑ Naftali Bennett sworn in as Prime Minister of Israel, Arutz Sheva, 13 Junie 2021
- ↑ At first cabinet meeting, Bennett, Lapid vow to work to make new government last, The Times of Israel, 14 Junie 2021
- ↑ Yair Lapid takes over as Israel’s 14th prime minister, The Times of Israel, 1 Julie 2022
- ↑ Bennett becomes Israel's 13th prime minister, ending Netanyahu era, Ynetnews, 13 Junie 2021
- ↑ Silman: My decision to leave the coalition is final, The Times of Israel, 10 April 2022
- ↑ Yamina / HaYamin HeHadash het 7 setels in die Knesset maar één lid steun nie die regering nie.