Bongani Baloyi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bongani Baloyi
Bongani Baloyi
Baloyi in 2019

Ampsbekleër
Termynaanvang
29 Augustus 2013
Voorafgegaan deur Timothy Nast

Persoonlike besonderhede
Gebore Bongani Michael Baloyi
28 Februarie 1987 (1987-02-28) (33 jaar oud)
Thokoza, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Politieke party Demokratiese Alliansie

Bongani Michael Baloyi (gebore 28 Februarie 1987) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy dien tans as die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, nadat hy in 2013 tot die amp verkies is. Hy was op daardie stadium slegs 26 jaar oud en het gevolglik die jongste burgemeester in Suid-Afrikaanse geskiedenis geword. Baloyi is 'n lid van die Demokratiese Alliansie.

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Baloyi is op 28 Februarie 1987 in Thokoza, suidwes van Alberton aan die Oos-Rand, gebore.[1] Hy het op 'n jong ouderdom in politiek begin belangstel.[2]

Politieke loopbaan[wysig | wysig bron]

Baloyi het in 2005 'n lid van die Demokratiese Alliansie geword.[2] Hy was sedertdien lid van die party se Uitvoerende Komitee van die Vaalstreek, die Provinsiale Uitvoerende Komitee en die Federale Raad. Hy was ook 'n deelnemer aan die DA se Jong Leiers-program.[2]

Hy is in Mei 2011 as 'n proporsioneel-verteenwoordigende raadslid van die Midvaal-munisipaliteit verkies. Burgemeester Timothy Nast het hom as die lid van die burgemeesterskomittee vir ontwikkeling en beplanning aangestel. Nast het in Julie 2013 bedank nádat hy tot die Gautengse Beplanningskommissie aangewys is. Baloyi is as sy opvolger verkies en op 29 Augustus 2013 ingehuldig.[3] Hy is hierna in Augustus 2016 vir 'n volle termyn as burgemeester verkies.[4]

Onder Baloyi se leiding het Midvaal ses opeenvolgende ongekwalifiseerde ouditverslae ontvang.[5] In Maart 2020 kondig hy aan dat hy nie beskikbaar is vir herverkiesing in 2021 nie.[6] Daar word in politieke kringe bespiegel dat Baloyi 'n moontlike kandidaat vir die DA-leierskap kan wees.[7]

Insidente[wysig | wysig bron]

Baloyi en 'n ANC-lid is op 29 September 2018 in hegtenis geneem nadat hulle aanrandingsklagtes teen mekaar ingedien het, na 'n voorval tydens 'n boomplantgeleentheid in Savannah City.[8] Hy is op borgtog vrygelaat en die aanrandingsaak is later teruggetrek.[9]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Maimane, Mmusi (30 Augustus 2013). "Bongani Baloyi new DA Mayor of Midvaal - Mmusi Maimane". Politicsweb. Besoek op 23 Maart 2020. Bongani was born in Thokoza in Ekurhuleni in 1987.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) "Bongani Baloyi Executive Mayor". Demokratiese Alliansie. Besoek op 23 Maart 2020.
  3. (en) "New Midvaal mayor Bongani Baloyi sworn in". TimesLIVE. 30 Augustus 2013. Besoek op 23 March 2020.
  4. (en) "DA wins Midvaal municipality in Gauteng". BusinessTECH. 4 Augustus 2016. Besoek op 23 Maart 2020.
  5. (en) Seleka, Ntwaagae (28 Junie 2019). "Midvaal, the only municipality in Gauteng to achieve a clean audit, thanks staff". News24. Besoek op 23 Maart 2020.
  6. (en) "DA's best (and only) Gauteng mayor says this is his last term". select.timeslive.co.za. 4 Maart 2020. Besoek op 23 Maart 2020.
  7. (en) Joubert, Jan-Jan (23 Oktober 2019). "Mmusi Maimane resigns: Here's who may replace him as DA leader". The South African. Besoek op 23 Maart 2020.
  8. (en) Etheridge, Jenna (29 September 2018). "Midvaal mayor, man arrested over counter assault claims". News24. Besoek op 23 Maart 2020.
  9. (en) Dlamini, Penwell (1 Oktober 2018). "Midvaal mayor's assault case withdrawn". SowetanLIVE. Besoek op 23 Maart 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]