Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2016
Die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings van 2016 is op 3 Augustus 2016 in alle distrikte en Plaaslike Munisipaliteite van al 9 Suid-Afrikaanse provinsies gehou. Dit is op 6 April 2016 amptelik aangekondig.[1]
Munisipale verkiesings word elke vyf jaar gehou, die vorige munisipale verkiesing is in 2011 gehou en die volgende een in 2021.
Die munisipale verkiesings van 2016 het die lede van die distriks-, metropolitaanse en plaaslike munisipale rade verkies, wat op hulle beurt die burgemeesters van die munisipaliteite verkies het.[2]
Munisipale afbakening
[wysig | wysig bron]Suid-Afrika se Munisipale Afbakeningsraad het veranderinge aangekondig aan sekere wyksafbakenings en munisipale grense, na aanleiding van die vorige minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake Pravin Gordhan se voorstel oor die herindeling van munisipaliteite om hulle meer volhoubaar en finansieel lewensvatbaar te maak. Daarvolgens was daar 34 gevalle wat 90 munisipaliteite geraak het.[3] Die Demokratiese Alliansie het sterk kapsie gemaak teen hierdie besluit, met LP James Selfe wat aangekondig het dat die DA die Raad hof toe sal neem oor wat dit sê duidelik partygemotiveerde en irrasionele grensafbakenings was.[4]
Resultate
[wysig | wysig bron]Die regerende ANC was die grootste party en het 53,91% van die stemme op nasionale vlak behaal. Dit is 'n daling van die 62,93% wat die party in 2011 behaal het. Die DA was die tweede grootste met 26,90% wat hoër was as die 24,1% in 2011. Die Economic Freedom Fighters (EFF) het 8.19% in hul eerste munisipale verkiesing behaal.
Die afname in ANC-ondersteuning was die belangrikste in stedelike gebiede, met die ANC wat vir die eerste keer sedert 1994 sy volstrekte meerderheid in 4 van die land se 8 metropolitaanse munisipaliteite verloor. Die ANC het Buffalo City, Mangaung en eThekwini behou, maar met verminderde meerderhede in Buffalo City en eThekwini. In die Stad Johannesburg en Ekurhuleni het die ANC sy meerderheid verloor, maar 'n pluraliteit behou. Die DA het sy meerderheid in die Stad Kaapstad verhoog en het 'n pluraliteit in Tshwane- en Nelson Mandelabaai behaal, die eerste in metropolitaanse munisipaliteite buite die Wes-Kaap. Van die 4 metropolitaanse munisipaliteite met geen meerderheid, het die ANC Ekurhuleni deur 'n koalisie behou, terwyl die DA deur 'n koalisie beheer oor Nelson Mandelabaai verkry het en minderheidsregerings in Johannesburg en Tshwane gevorm het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Mail & Guardian 6 April 2016 Zuma announces local government elections date" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
- ↑ "Electoral Commission: Introduction to 2016 Municipal Elections". www.elections.org.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2016. Besoek op 23 November 2015.
- ↑ (en) http://businesstech.co.za/news/government/97069/sa-municipal-boundaries-changed-ahead-of-2016-elections/
- ↑ (en) http://www.timeslive.co.za/thetimes/2015/08/28/Boundary-battle-rages
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2016.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |