28 Februarie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
<< Februarie 2018 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28
Al die dae

28 Februarie is die 59ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Dit is ook gewoonlik die laaste dag van Februarie, maar in skrikkeljare is 29 Februarie die laaste dag. Daar was ook al drie keer in die geskiedenis 'n 30 Februarie gewees. Daar volg nog 306 dae in die res van die jaar (en 307 in skrikkeljare).

Gebeure[wysig | wysig bron]

  • 364 – Valentininius I word verkies as Romeinse keiser deur amptenare van die Romeinse leër by Nicaea, Bithynia.
  • 1476Pous Sixtus IV stel die feesdag van Maria Onbevlekte Ontvangenis in op (8 Desember).
  • 1525 – Die Spaanse veroweraar Hernán Cortés laat die laaste Asteke-heerser van Tenochtitlán, Cuauhtémoc, weens hoogverraad teregstel.
  • 1550Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Frascati.
  • 1592Pous Clemens VIII publiseer die bul Cum saepe accidere waarin die Jode van Avignon verbied word om handel te drywe met nuwe goedere, slegs gebruikte goedere is toegelaat.
  • 1593 – Pous Clemens VIII publiseer die bul Cum Hebraeorum malita waarin die less van die Talmud verbied word.
  • 1706 – Goewerneur Willem Adriaan van der Stel laat Adam Tas arresteer.
  • 1784 – John Wesley, 'n predikant van die Kerk van Engeland, stig die eerste Metodiste Kerk.
  • 1887 – Die Kogmanskloofpas word geopen.
  • 1900 – Die Beleg van Ladysmith deur die Boere wat op 2 November begin het, eindig.
  • 1922Egipte word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
  • 1935Nylon, 'n sintetiese polimeer, word deur Wallace Carothers uitgevind.
  • 1947 – Die 228 Voorval in Taiwan: Burgerlike opstand in Taipei en Keelung word brutaal onderdruk deur die Sjinese Nasionalistiese leër.
  • 1990 – Vir die eerste keer sedert die kommunistiese rewolusie in 1917 word boere in die Sowjetunie toegelaat om weer landbougrond te koop en aan hulle erfgename te vererf.
  • 1991 – Die Golfoorlog kom tot 'n einde.

Geboortes[wysig | wysig bron]

  • 1261 – Margrete Aleksandersdotter, Noorweegse koningin.
  • 1409 – Elisabeth van Luxemburg, Dogter van die Duitse keiser Sigismund en sy vrou Barbara von Cilli.
  • 1442 – Oswald I von dem Bergh, Duitse graaf von dem Bergh.
  • 1533Michel de Montaigne, Franse essayis († 1592).
  • 1552 – Jost Bürgi, Switserse horlosiemaker, instrumentmaker en astronoom.
  • 1573 – Elias Holl, Duitse boumeester.
  • 1597 – Albrecht Friedrich, Duitse heer van Rosenburg en Mühlingen.
  • 1675 – Guillaume Delisle, Franse kartograaf.
  • 1683 – René-Antoine Ferchault de Réaumur, Franse natuurwetenskaplike en entomoloog.
  • 1704 – Hans Hermann von Katte, Pruisiese offisier en vriend van koning Friedrich II.
  • 1707 – Johann Christian Senckenberg, Duitse dokter, natuurwetenskaplike en botanikus.
  • 1711 – Adam Friedrich von Arnstedt, Pruisiese offisier.
  • 1712 – Louis-Joseph de Montcalm, Franse generaal.
  • 1713 – Louis Augustin d’Affry, Switserse offisier.
  • 1714 – Gizziello, Italiaanse kastraat-sopraan.
  • 1720 – Matthias Desubas, Franse prediker en protestantse martelaar.
  • 1729 – Leopold Ludwig von Anhalt, Duitse graaf van Anhalt.
  • 1735 – Alexandre-Théophile Vandermonde, Franse musikant, wiskundige en chemikus.
  • 1742 – Johann Sebastian von Clais, Switserse horlosiemaker, uitvinder en ondernemer.
  • 1743 – René-Just Haüy, Franse mineraloog.
  • 1759 – Timoteo Maria Ascensi, Italiaanse biskop.
  • 1775 – Sophie Tieck, Duitse digter en skrywer van die Romantiek.
  • 1787 – Joseph von Armansperg, Beierse en Griekse staatsman.
  • 1792 – Karl Ernst von Baer, Duits-Baltiese natuurwetenskaplike, anatoom, soöloog en ontdekker van die menslike eiersel.
  • 1796 – Eduard Pistorius, Duitse skilder.
  • 1797 – Frederik van Oranje-Nassau, tweede seun van koning Willem I en prinses Wilhelmine Luise van Pruise.
  • 1799 – Ignaz von Döllinger, Duitse katolieke teoloog.

Sterftes[wysig | wysig bron]

  • 468 – Hilarius, Italiaanse pous.
  • 1022 – Rudhart, Duitse biskop van Konstanz.
  • 1105 – Raimund van Toulouse, Markgraaf van die Provence.
  • 1159 – Sancha Raimúndez, Spaanse Infanta.
  • 1326 – Leopold I, hertog van Oostenryk van die Habsburg-familie (* 1290).
  • 1485 – Niclas von Abensberg, Duitse ridder en graaf van Abensberg.
  • 1508 – Philipp die Opregte, Duitse keurvors van die Palts.
  • 1525 – Cuauhtémoc, laaste Asteke-heerser van Tenochtitlán.
  • 1544 – Francesco Maria Molza, Italiaanse digter.
  • 1572 – Aegidius Tschudi, Switserse geskiedkundige en politikus.
  • 1585 – Samuel Eisenmenger, Duitse dokter, teoloog en astroloog.
  • 1621 – Cosimo II de’ Medici, Italiaanse hertog van die Toskana.
  • 1624 – Johann Affelmann, Duitse protestantse teoloog.
  • 1648 – Christian IV, koning van Denemarke en Noorweë.
  • 1658 – Johann Lauremberg, Nederduitse skrywer.
  • 1665 – Ludwig van Nassau-Beverweerd, Nederlandse heer van Beverweerd, Odijk und Lek.
  • 1668 – Otto Praetorius, Duitse digter en geskiedkundige.
  • 1711 – Giovanni Pietro della Torre, Italiaanse messelaar in Praag.
  • 1719 – Boris Petrowitsj Sjeremetew, Russiese generaal-veldmaarskalk.
  • 1728 – Ogyū Sorai, Japanese filosoof.
  • 1729 – Lovro Šitović, Kroatiese skrywer.
  • 1730 – Michelangelo Tamburini, Italiaanse generaal van die Societas Jesu.
  • 1748 – Hieronymus von Erlach, Switserse generaal.
  • 1916Henry James Amerikaanse skrywer en literêre kritikus (* 1843).
  • 1935Jacobus du Plessis, Afrikaanse professor in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. (* 1873).
  • 2011Jane Russell, Amerikaanse rolprentaktrise en sangeres (* 1921).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]