Boris Becker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Boris Becker
Boris Becker 2007 amk.jpg
Boris Becker in 2007
Volle naam Boris Franz Becker
Noemnaam(e) Boom Boom
Die Leeu van Leimen
Land Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (1984–1990)
Vlag van Duitsland Duitsland (sedert 1990)
Woonplek Schwyz, Switserland
Geboortedatum 22 November 1967 (1967-11-22) (49 jaar oud)
Geboorteplek Leimen, Wes-Duitsland
Lengte 1,90 m
Gewig 85 kg
Begin professioneel 1984
Afgetree 25 Junie 1999
Speel Regshandig (eenhandig handrughou)
Loopbaan-wengeld €18 343 408
Int. Tennisheldesaal 2003 (ledeblad)
Enkelspel
Loopbaanrekord 713–214 (76,91%)
Loopbaantitels 49
Hoogste rang No. 1 (28 Januarie 1991)
Grand Slam uitslae
Australiese Ope W (1991, 1996)
Franse Ope HE 1987, 1989, 1991)
Wimbledon W (1985, 1986, 1989)
VSA Ope W (1989)
Groot toernooie
Toereindronde W (1988, 1992, 1995)
Olimpiese Spele 3R (1992)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 254–136
Loopbaantitels 15
Hoogste rang No. 6 (22 September 1986)
Australiese Ope KE (1985)
Groot Dubbelspel toernooie
Olimpiese Spele Gold medal.svg Goue Medalje (1992)
Laaste opgedateer op: NVT.
Boris Becker in speel in Ohio (1994)

Boris Franz Becker (Duits: [ˈbɔʁɪs ˈbɛkɐ]; gebore op 22 November 1967 in Leimen, Wes-Duitsland) is 'n voormalige Duitse tennisspeler. Op 17-jarige ouderdom maak hy geskiedenis as die jongste persoon nog om Wimbledon se enkels-kampioenskappe te wen.[1] Hy is 'n ses keer Grand Slam-enkels kampioen, en 'n Olimpiese gouemedalje wenner.

Ná Becker eerste oorwinning as ongekeurde speler in 1985, verower hy weer die Wimbledon-titel in 1986. Hy help ook Wes-Duitsland om hulle eerste Davisbeker in 1988 in te palm. In 1989 wen hy Wimbledon, die Amerikaanse Ope en 'n tweede Davisbeker.

In 1991 wen Becker die Australiese Ope en bereik so die nommer 1-posisie op die wêreldranglys. In 1992 verslaan hy Jim Courier in skoon stelle tydens die ATP-wêreldtitel. Sy finale Grand Slam-titel was in 1996, toe hy Michael Chang in vier stelle tydens die Australiese Ope geklop het.

Oor sy loopbaan het Becker 49 enkelspel- en 15 dubbelspeltitels gewen. Hy word onder andere onthou vir sy wedywering met spelers soos Ivan Lendl, Stefan Edberg en Michael Stich.

Vandat hy uitgetree het as professionele tennisspeler, het sy media werksaamhede en sy persoonlike lewe hom in die kollig gehou. Hy was tussen 2013 en 2016 die afrigter van die Serwiese tennisspeler Novak Đoković.[2]

Grand Slam-rekord[wysig | wysig bron]

Die tabel toon Becker se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope
1984 Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Rondte 3 Nie deelgeneem nie
1985 Rondte 2 Rondte 2 Wenner Rondte 4
1986 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Wenner Halfeindstryd
1987 Rondte 4 Halfeindstryd Rondte 2 Rondte 4
1988 Nie deelgeneem nie Rondte 4 Eindstryd Rondte 2
1989 Rondte 4 Halfeindstryd Wenner Wenner
1990 Kwarteindstryd Rondte 1 Eindstryd Halfeindstryd
1991 Wenner Halfeindstryd Eindstryd Rondte 3
1992 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Rondte 4
1993 Rondte 1 Rondte 2 Halfeindstryd Rondte 4
1994 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Halfeindstryd Rondte 1
1995 Rondte 1 Rondte 3 Eindstryd Halfeindstryd
1996 Wenner Nie deelgeneem nie Rondte 3 Nie deelgeneem nie
1997 Rondte 1 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie
1998 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie
1999 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 4 Nie deelgeneem nie

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) Novakdjokovic.com (6 Desember 2016). “Novak and coach Boris Becker end cooperation”. URL besoek op 7 Desember 2016.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]