Franse Ope

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Roland Garros baan
Gustavo Kuerten tydens die 2005 Franse Ope.

Die Franse Ope is 'n groot tenniskampioenskappe wat jaarliks oor twee weke tussen middel Mei en vroeg Junie in Parys, Frankryk besleg word by die Roland Garros stadium. Die stadium maak van rooi-kleibane gebruik, en kan ongeveer 37 000 toeskouers akkomodeer. Die program sluit mans- en damesenkels, sowel as mans-, dames-, en gemengdedubbels in.

Geskiedenis[wysig]

Roland Garros, die oorlogsheld.

Die eerste Franse Ope is in 1891 gehou, maar die eerste dameskampioenskappe is eers in 1897 gehou. In 1927 word die baan vernoem na die Franse vlieënier en oorlogsheld Roland Garros (1888-1918).

Onlangse kampioene sluit in: die Spanjaard Rafael Nadal en die Belg Justine Henin wat beide die toernooi jaarliks vanaf 2005 gewen het.

In Maart 2007 word aangekondig dat dieselfde prysgelde vir die eerste keer vir alle rondtes aan beide mans- en damesspelers oorhandig sal word.

Rekords en statistieke[wysig]

Meeste enkeltitels

  • Mans:
    • vanaf die begin van die ope-era: Björn Borg (Swede) - 6 (1974, 1975, 1978, 1979, 1980 en 1981).
    • voor die ope-era: Max Decugis (Frankryk) - 8 (1903, 1904, 1907, 1908, 1909, 1912, 1913 en 1914).
  • Dames: Chris Evert (VSA) - 7 (1974, 1975, 1979, 1980, 1983, 1985 en 1986).

Eksterne skakels[wysig]

Voorafgegaan deur:
Australiese Ope
Grand Slam Kampioenskappe
Mei-Junie
Opgevolg deur:
Wimbledon

Koördinate: 48°50′49.79″N 2°14′57.18″O