Boyz II Men

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Boyz II Men
Boyz II Men.jpg
Boyz II Men tydens 'n optrede in 2007
Oorsprong Philadelphia, Pennsilvanië, VSA
Genre(s) Rhythm & blues
Aktiewe jare 1985 — hede
Webwerf boyziimen.com
Lede Nathan Morris
Shawn Stockman
Wanya Morris
Gewese lede Marc Nelson
Michael McCary
Portal.svg Musiekportaal

Boyz II Men is ’n Amerikaanse “boy band” van Philadelphia wat rhythm & blues-musiek maak.[1] Die groep is in 1988 as 'n kwintet (groep van vyf mense) gestig, maar het as 'n kwartet (groep van vier) roem behaal. Die groeplede is Wanya Morris, Michael McCary, Shawn Stockman en Nathan Morris. McCary het die groep in 2003 verlaat.[2]

Die groep was tussen 1992 en 1997 baie gewild gewees. Hulle het onder meer vyf nommer 1-treffers in die Verenigde State behaal. “End of the Road” en “I’ll Make Love to You" is twee van hulle bekende liedjies. Die liedjie “Hey lover” saam met kletsrymer LL Cool J was ook 'n groot treffer gewees. Daarnaas speel hulle 'n gastrol in 'n kersaflewering van die TV-reeks The Fresh Prince of Bel-Air.

In 2012 is 'n ster op die Hollywood Walk of Fame vir hulle aangebring. Hulle laste studio-album, Collide, is in 2014 vrygestel.

Diskografie[wysig | wysig bron]

Studio albums
  • Cooleyhighharmony (1991)
  • II (1994)
  • Evolution (1997)
  • Nathan Michael Shawn Wanya (2000)
  • Full Circle (2002)
  • Throwback, Vol. 1 (2004)
  • The Remedy (2006)
  • Motown: A Journey Through Hitsville USA (2007)
  • Love (2009)
  • Twenty (2011)
  • Collide (2014)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Boyz II Men Dishes On Mike, Their Estranged Fourth Member". Huffington Post. Verkry op 2014-10-30. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]