Briana Banks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Briana Banks
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Briana Banks in 2016 by die XBIZ-prystoekenningsaand in Los Angeles, Kalifornië.

Geboortenaam Briana Bany[1]
Alias Mirage
Geboorte 21 Mei 1978 (1978-05-21) (40 jaar oud) [2]
München, Duitsland
Nasionaliteit Duits-Amerikaans
Beroep(e) Pornoster
Rolprente Taboo 2001, My Plaything Jenna Jameson, Briana Loves Jenna, Layout
Webwerf ocmodeling.com/model/briana-banks
Toekennings Beste aktrise: AVN-prys (2003, 2008)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Briana Banks (op 21 Mei 1978 gebore as Briana Bany[2]) is ’n Duits-Amerikaanse porno-aktrise en model. Sy was in Junie 2001 die tydskrif Penthouse se Pet of the Month.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Banks het as tiener modelwerk gedoen, insluitende ’n voorbladfoto vir die tydskrif Teen.[3] Sy het onder die naam "Mirage" by die pornografiebedryf betrokke geraak, maar haar in 1999 "Briana Banks" begin noem nadat sy die eerste van twee borsinplantings gehad het.[4] Sy het die supermodel Tyra Banks se van aangeneem vanweë haar strewe om ’n model te word. In Junie 2001 was Banks die tydskrif Penthouse se Pet of the Month.

In 2006 het sy ’n breuk geneem en in 2008 na die pornobedryf teruggekeer. In dieselfde jaar is sy benoem vir vyf AVN-pryse op die 25ste jaarlike AVN-ekspo in Las Vegas.[5] Op 28 Desember 2015 het Banks aangekondig sy keer weer terug na porno ná ’n breuk van vyf jaar. In dié jaar is sy opgeneem in die organisasie X-Rated Critics Organization se XRCO-heldesaal.[6]

In 2002 was Banks een van die eerste porno-aktrise met ’n aksiefiguur wat gemaak is om soos sy te lyk, deur die Los Angeles-gebaseerde Cyber F/X en Sota Toys.[7]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Porn Star Briana Banks Sues Over Sex Toys" Geargiveer 5 Mei 2007 op Wayback Machine, WTAE-TV, 13 Oktober 2006. Besoek op 28 April 2007.
  2. 2,0 2,1 "Briana Banks". Penthouse. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-08-09. Besoek op 2007-08-11. 
  3. "Briana Banks: From Teen Magazine Cover Girl to Vivid Porn Queen" Geargiveer 9 Mei 2007 op Wayback Machine, Mike Ramone, AVN Insider, 2002-05-17. Besoek op 28 April 2007.
  4. "In Tight with Briana Banks", TeraBabes-onderhoud, 8 Januarie 2003. Besoek op 6 Mei 2007.
  5. Staff. "Briana Banks Returns". AVN.com. Adult Video News. Besoek op 4 Augustus 2014. 
  6. Peter Warren (2016-06-22). "2016 XRCO Award Winners Announced". AVN. Besoek op 2016-09-05. 
  7. "Briana Banks: Action Figure" Geargiveer 9 Mei 2007 op Wayback Machine, Carly Milne, AVN Insider, 2002-06-28. Besoek op 6 Mei 2007.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]