Bristol Bulldog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bristol Bulldog
Bristol Bulldog.1.jpg
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Bristol Aeroplane Company
Ontwerp deur Frank Barnwell
Nooiensvlug 17 Mei 1927
Bekendstelling 1929
Onttrek 1937
Status Onttrek
Hoofgebruikers Britse Lugmag
Koninklike Australiaanse Lugmag
Finse Lugmag
Aantal gebou 443

Die Bristol Bulldog was 'n enkelsitplek, dubbeldekker vegvliegtuig wat deur die Britse Lugmag gebruik is tussen die twee Wêreldoorloë. Hierdie vliegtuig was ontwikkel na aanleiding van 'n spesifikasie van die Britse Lugministrie wat 'n enkelsitplek dag-en-nag vegter met twee Vickers-masjiengewere gespesifiseer het. Die Merk I was gebou vir ontwikkeling en Merk II het die Armstrong Whitworth Siskin's en Gloster Gamecock's vervang. Die eerste Bulldog's was toegeken aan 3 Eskader in Junie 1929 te Upavon. Die hele raamwerk was van metaal wat met materiaal oorgetrek was. Die stertwiel het 'n skokbreker gehad, daar was suurstof vir die vlieënier asook 'n kortgolf tweerigting radio. Teen 1932 was 10 Eskaders toegerus met die Bulldog en was dit die standaard vegvliegtuig tot in 1936. Die 312 vliegtuie in gebruik was op daardie stadium sowat 70% van Brittanje se lugverdediging's vermoë. Die laaste Bulldog was in 1937 onttrek uit diens en vervang met die Gloster Gauntlet. Baie van die vliegtuie was uitgevoer na Australië, Denemarke, die destydse Siam, Swede, Estonië en Finland. 'n Tweesitplek opleidings vliegtuig is ook gebou.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Bristol Bulldog II:
Item Statistiek
Aantal motore 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Bristol Jupiter stermotor
Kraglewering per motor 440 perdekrag
Vlerkspan 10,34 m
Lengte 7,62 m
Hoogte 3,0 m
Vlerkoppervlakte 28,47 m2
Maks. opstygmassa 1,583 kg
Maks. snelheid 280 km/h
Operasionele hoogte 8 230 m
Togafstand 443 km
Klimvermoë 6,096 m in 14 minute en 30 sekondes
Bewapening Twee gesinchroniseerde Vickers-masjiengewere voor.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]