British American Tobacco
British American Tobacco | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1902 |
Hoofkantoor | Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sleutelpersone | Richard Burrows (voorsitter) Jack Bowles (hoof- uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | wêreldwyd |
Industrie | Tabak |
Produkte | Sigarette |
Inkomste | £25,877 miljard (2019)[1] |
Bedryfsinkomste | £9,016 miljard (2019)[1] |
Netto inkomste | £5,849 miljard (2019)[1] |
Werknemers | 55 000 (2020)[2] |
Dogter- maatskappye | Reynolds American Imperial Tobacco Canada Bentoel Group Souza Cruz Niemeyer Tekel Pakistan Tobacco Company |
Webwerf | bat.com |
British American Tobacco plc (BAT) is een van die ses grootste sigaretprodusente in die wêreld. Dit beheer 11% van die mark.
Onder die firma se 200 handelsmerke is die bekendste Peter Stuyvesant, Rembrandt van Rijn, Paul Revere, Benson and Hedges, Lucky Strike, Pall Mall, Dunhill, Rothmans, Lexington, Texan en Kent.
Die firma is in 1902 gestig met sy hoofkantoor in Londen. Dit beskik tans oor 44 fabrieke in 42 lande, 55 000 werknemers wêreldwyd, en tabak word verskaf deur nagenoeg 90 000 boere. Die Suid-Afrikaanse fabriek is in Heidelberg, Gauteng geleë.
BAT se aandele word verhandel op die aandelebeurse van Londen en Johannesburg. Op Anheuser-Busch InBev en Prosus na is dit die grootste maatskappy wat op die Johannesburgse effektebeurs genoteer is. Die grootste aandeelhouers in BAT is The Capital Group Companies, Inc. en Black Rock, Inc.
Ander groot tabakmaatskappye in die wêreld is Philip Morris International, Altria, Imperial Brands, Japan Tobacco International en China Tobacco.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 (en) "Preliminary Announcement 2019" (PDF). British American Tobacco. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 Februarie 2020. Besoek op 23 Maart 2020.
- ↑ "People and culture" (in Engels). British American Tobacco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 23 Maart 2020.
Bronne
[wysig | wysig bron]- www.batsa.co.za
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie British American Tobacco.