Prosus
Prosus | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 20 Oktober 2008 |
Hoofkantoor | Amsterdam, Noord-Holland, Nederland |
Sleutelpersone | Koos Bekker (voorsitter) Bob van Dijk (hoof- uitvoerende beampte) Basil Sgourdos (hoof- finansiële beampte) |
Gebied bedien | wêreldwyd |
Produkte | Aanlynverbruikers |
Werknemers | 15 677[1] |
Moedermaatskappy | Naspers |
Webwerf | prosus.com |
Prosus NV is een van Europa se grootste multinasionale maatskappye in die tegnologie- en internetbedryf.
Maatskappye
[wysig | wysig bron]Prosus het onder andere belange in die volgende firmas: die Russiese mediagroep Mail.ru Groep, die Suid-Afrikaanse betalingsplatform PayU, die voedselafleweraar Delivery Hero, iFood, Classifieds, OLX, Fintech, PaySense, Swiggy, Etail, eMag, Travle, C Trip. Ten tyde van sy beursgang het die Chinese internetbedryf Tencent 84% van Prosus se netto batewaarde verteenwoordig. Prosus besit 31,1% van die aandele van Tencent en dit is in 2001 gekoop vir $32 miljoen. By die vorming van Prosus was die waarde van die belegging in Tencent $131 miljard en het dit die grootste bydrae tot Prosus se wins gelewer. Prosus rig sy werksaamhede veral op die Volksrepubliek China, Indië, Rusland, Oos- en Sentraal-Europa, Noord- en Latyns-Amerika, Suidoos-Asië, die Midde-Ooste en Afrika.
Bestuur
[wysig | wysig bron]Die besturende direkteur is die Hollander Bob van Dijk en onder die direkteure is bekende Suid-Afrikaanse sakelui soos Koos Bekker, Ben van der Ross, Debra Meyer, Henk du Toit, Cobus Stofberg en Rachel Jafta. Die hoofkantoor is gevestig in Hoofddorp in Nederland.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die maatskappy het voorheen bekend gestaan as Myriad International Holdings. Naspers het sy buitelandse belange na Prosus oorgeplaas en sedert 11 September 2019 word aandele in Prosus op die Euronext-beurs in Amsterdam sowel as die Johannesburgse aandelemark verhandel. Op daardie dag het 'n aandeel in Prosus €58,78 gekos en was die maatskappy op Shell en Unilever na die grootste maatskappy genoteer op die Amsterdamse effektebeurs. Naspers besit 'n ¾ van die aandele in Prosus.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bibliografie
[wysig | wysig bron]- www.prosus.com
- www.newglobaltechgroup.com/en/home