Cap-Vert
Voorkoms
Die skiereiland Cap-Vert (Kaap Verde, wat "Groen Kaap") beteken, is die mees westelike deel van die vasteland van Afrika. Dit is 'n rotsagtige uitsteeksel wat wes uitsteek van die hoof sanderige dele van Senegal. Die hoofstad van Senegal, die groot stad Dakar, is geleë naby die suidelike punt. Cap-Vert het 'n uitstekende hawe wat teenoor Gorée sit.
Cap-Vert is histories deur die Lebou mense, 'n vissergemeenskap wat steeds aan die noordelike kus woon, by Yoff, naby die moderne Dakar lughawe bewoon.
Die naam van die Republiek van Kaap Verde kom van Cabo Verde wat in Frans Cap-Vert is. Die kaap en die land is deur die Portugese Cabo verde genoem.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Satellietbeeld deur Google Maps
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cap-Vert.