Cass Elliot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Cass Elliot
Cass Elliot (1972).png
Cass Elliot in 1972
Geboortenaam Ellen Naomi Cohen
Geboorte 19 September 1941
Baltimore, Maryland, VSA
Afsterwe 29 Julie 1974
Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
Beroep(e) Sangeres
Genre(s) Popmusiek
Folk rock
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 1959 tot 1974
Etikette FM
Dunhill
RCA
Webwerf casselliot.com
Assosiasies The Mamas & the Papas
Portal.svg Musiekportaal
The Mamas & Papas tree in 1968 in die Ed Sullivan Show op - met Cass Elliot tweede van links

Cass Elliot (gebore as Ellen Naomi Cohen; * 19 September 1941, † 29 Julie 1974), ook bekend as Mama Cass, was 'n Amerikaanse sangeres en lid van die popgroep The Mamas & the Papas. Ná die ontbinding van dié groep het Elliot vyf soloalbums vrygestel. In 1974 is Elliot op die hoogtepunt van haar loopbaan, toe sy 'n konserttoer in die Verenigde Koninkryk onderneem en onder meer in die London Palladium opgetree het, in 'n hotelkamer in Mayfair, Londen skielik in haar slaap aan 'n hartaanval oorlede. Later het onware gerugte die rondte gedoen dat sy aan 'n toebroodjie verstik het. Cass Elliot het haar laaste rusplek op die Mount Sinai-begraafplaas in Hollywood Hills, Los Angeles gevind.

In 1998 is Elliot postuum saam met die drie ander groeplede van The Mamas & the Papas - John Phillips, Denny Doherty en Michelle Phillips - in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem.[1] Die Hollywoodse Kamer van Koophandel se Walk of Fame-keurkomitee het op 22 Junie 2015 bekendgemaak dat Cass Elliot as deel van die Klas van 2016 postuum met 'n ster op die Hollywood Walk of Fame vereer sal word.[2] Cass Elliot se amptelike webtuiste word onderhou deur haar dogter Owen Elliot-Kugell.

Biografie[wysig | wysig bron]

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Cass Elliot is in Baltimore, Maryland as dogter van Philip Cohen († 1962), eienaar van 'n klein besigheid, en Bess Levine (1915–1994), 'n opgeleide verpleegster, gebore.[3] Haar ouers is as kinders van Joodse immigrante uit die Russiese Tsareryk in die Verenigde State gebore.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]