Catengue-aalwyn
Voorkoms
Catengue-aalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. catengiana
|
Binomiale naam | |
Aloe catengiana Reynolds
|
Die Catengue-aalwyn (Aloe catengiana) is 'n spesie wat tot die genus Aloe hoort. Die plant is endemies aan Angola en kom slegs by die Catengue-stasie voor. Die plant is in 1959 tydens 'n ekspedisie deur dr's Gilbert Reynolds en Neil Smuts ontdek.
Die plant oorleef veldbrande en spruit dan net weer uit. Die plant blom in Augustus en saad word deur die wind versprei. Dit is tans moeilik om meer inligting oor die plant te verkry, omrede sy voorkomsgebied met landmyne besaai is.
In Engels staan dit as die Catengue-aloe bekend.