Central Park, Manhattan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
NASA Manhattan.jpg Central Park New York City.svg
Central Park in die middel van Manhattan.
Central Park in New York Stad (suidwaarts, vanaf die middel van die park tot by die Empire State-gebou aan die bokant.

Central Park is 'n openbare park in die hartjie van Manhattan in New York Stad. Dit bevat onder andere damme, 'n kasteel, ’n dieretuin, konsertverhoog en opelugteater, waar Shakespeare-dramas in die somer opgevoer word.[1] Ongeveer 35 miljoen mense besoek die park jaarliks, wat dit die mees besoekte park in die VSA maak.[2]

Die langwerpige park strek oor 4 kilometer van 59ste tot 110de Straat en het 'n totale oppervlakte van 341 hektaar. Dit het 16 jaar geneem om die park aan te lê, waartydens nagenoeg 500 000 bome en plante geplant is. In 1965 is die park amptelik as 'n historiese monument en in 1974 as 'n stedelike monument verklaar. Die park word deur die Central Park Conservancy, 'n organisasie sonder winsoogmerk, in samewerking met die New York Stad se Department of Parks and Recreation, bestuur.

Die park is deur Frederick Law Olmsted en Calvert Vaux ontwerp. Hoewel dele van die park natuurlik lyk, is dit volledig deur mensehande aangelê. Dit bevat verskeie ontwerpte mere, 'n uitgebreide net van wandelpaaie, twee ysskaatsbane, 'n roeidam, 'n dierebegraafplaas, oop grasgebiede (wat vir die beoefening van verskillende sporte en ligte weiding benut word) en talle speelruimtes. Die park is 'n veelbesoekte rusplek vir trekvoëls en daarom ook gewild onder voëlkykers. Die 10 kilometer pad om die park is gewild onder drawwers, fietsryers en skaatsplankryers, veral oor naweke en na 19:00 saans, as die motorverkeer uit die park verban word.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "America's Most Visited City Parks" (PDF). The Trust for Public Land. Junie 2006. Verkry op 2006-07-11. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 40°46′44″N 73°58′3″W / 40.77889°N 73.96750°W / 40.77889; -73.96750