Clifton Williams

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Clifton Williams
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Clifton Williams in 1964

Geboortenaam Clifton Curtis Williams Jr.
Gebore (1932-09-26)26 September 1932
Mobile, Alabama
Oorlede 5 Oktober 1967 (op 35)
naby Tallahassee, Florida
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Clifton Curtis Williams Sr.
Gertrude (née Medicus) Williams
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte vloot- en toetsvlieënier
Huweliksmaat Jane Elizabeth Lansche (1964–1967; sy dood)
Kind(ers) Catherine Ann, Jane Dee Williams

Clifton Curtis "C.C." Williams (26 September 1932 – 5 Oktober 1967; Majoor, Amerikaanse Mariene Korps) was 'n Amerikaanse vlootvlieënier, toetsvlieënier, meganiese ingenieur, en Nasa-ruimtevaarder. Hy sterf in 'n vliegongeluk voor hy enige ruimtevaarte onderneem het. Die ongeluk is veroorsaak deur 'n meganiese fout in die T-38 straalvliegtuig waarmee hy op pad was na sy ouers in Mobile, Alabama. Die faling van meganiese toerusting het tot gevolg gehad dat die vliegtuig nie op die kontroles wou reageer nie. Alhoewel hy sy uitskietstoel gebruik het, was dit blykbaar te laat. Hy was die vierde ruimteman van die Ruimtevaardergroep 3-inname wat gesterf het; die eerste twee was Charles Bassett en Theodore Freeman wat in twee afsonderlike T-38-vlugte gesterf het, asook Roger B. Chaffee wat in Apollo 1 verbrand het. Williams se vliegtuig het naby Tallahassee, Florida, sowat 'n uur se vliegtyd van Patrick Lugmagbasis, neergestort.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]