Como
Città di Como Còmm | |
---|---|
Stad | |
Uitsig oor Como met die Comomeer | |
Koördinate: 45°49′0″N 9°5′0″O / 45.81667°N 9.08333°O | |
Land | Italië |
Streek | Lombardye |
Provinsie | Como (CO) |
Romeinse municipium (Novum Comum) | 196 v.C. |
Regering | |
• Burgemeester | Mario Landriscina (Onafhanklike, sentrum-links) |
Oppervlak | |
• Totaal | 37,12 km2 (14,33 vk. myl) |
Hoogte | 201 m (659 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 83 320 |
• Digtheid | 2 200/km2 (5 800/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 (MET) |
• Somertyd | UTC+2 (MEST) |
Poskode | 22100 |
Skakelkodes | 031 |
Webwerf | comune.como.it |
Como ([ˈkɔːmo], Lombardies: Còmm [ˈkom]) is 'n stedelike nedersetting en comune (munisipaliteit) in die Italiaanse streek Lombardye en die administratiewe setel van die provinsie Como, sowat 45 km noord van Milaan aan die Comomeer en naby die grens met die Switserse kanton Ticino geleë, met 'n bevolking van 83 320 soos op 1 Januarie 2018. In Italiaans word na die inwoners as comaschi verwys.
Como se ligging aan die gelyknamige meer en naby die Alpe maak van die stad 'n gewilde toeristebestemming, net soos 'n verskeidenheid argitektoniese besienswaardighede en kunsskatte, tuine, parke en musea. Die belangrikste historiese geboue sluit die katedraal van Como, die Sant'Abbondio-basiliek, Villa Olmo, die Tempio Voltiano in die publieke tuin wat ter ere van Alessandro Volta opgerig is, die Teatro Sociale, die Middeleeuse stadsaal Broletto en die 20ste eeuse Casa del Fascia, een van die bekendste geboue in die rasionalistiese Italiaanse styl (razionalismo italiano).
Vanaf die 16de eeu het Como bekendheid verwerf met sy syvervaardiging. Die geskiedenis van die plaaslike sybedryf word sedert 1990 in Como se Symuseum behandel.