Gaan na inhoud

Comodoro Rivadavia

Koördinate: 45°51′53″S 67°28′51″W / 45.86472°S 67.48083°W / -45.86472; -67.48083
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Comodoro Rivadavia
Wapen van Comodoro Rivadavia
Wapen
Byname: 
Comodoro, Capital Nacional del Petróleo, Capital de los Vientos
Comodoro Rivadavia is in Argentinië
Comodoro Rivadavia
Comodoro Rivadavia
Koördinate: 45°51′53″S 67°28′51″W / 45.86472°S 67.48083°W / -45.86472; -67.48083
LandVlag van Argentinië Argentinië
Provinsie Chubut
Stigting23 Februarie 1901
Regering
 • BurgemeesterNéstor Di Pierro
Hoogte
61 m (200 ft)
Bevolking
 • Totaal173 300
TydsoneUTC-3 (ART)
Poskode
9000
Skakelkodes0294
Webwerfcomodoro.gov.ar

Comodoro Rivadavia is 'n stad en seehawe met sowat 136 000 inwoners (2001) in die provinsie Chubut (Patagonië), Argentinië, aan die golf van San Jorge en sowat 880 km suidwes van Bahía Blanca. Die stad het 'n universiteit; die belangrikste bron van inkomste is ru-olie - naby die stad is die grootste olievelde van Argentinië wat in 1907 ontdek is. Ander belangrike bronne van inkomste is die tekstielnywerheid en vissery.

'n Nagtelike uitsig oor die hoofstraat van Comodoro Rivadavia

In April 1903 het 103 Bittereinders onder die leiding van Conrad Visser en Martin Venter hier aangekom - Afrikaners wat na die Tweede Vryheidsoorlog 'n nuwe tuiste in Suid-Amerika gesoek het. Die aantal Suid-Afrikaanse immigrante in die provinsie Chubut styg in die jare tot 1906 nog aansienlik en beloop in die omgewing van 600 mense. Die meeste van hulle het in die dertigerjare weer na Suid-Afrika verhuis, talle van hul nasate leef egter nog in die omgewing van Comodoro Rivadavia. Die Afrikaanse gemeenskap het wél verargentyns, maar baie tradisies word nog steeds bewaar. Die nasate van die pioniers beskik oor hul eie kerk en praat nog steeds Afrikaans.

Op 13 November 1987 is die Afrikaanse pioniers van Comodoro Rivadavia met 'n monument vereer. Die oprigting van die gedenkteken is aanvanklik deur die plaaslike Christelike Vrouevereniging aangemoedig, en onder meer danksy 'n skenking van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het die monument, wat in die middel van Comodoro Rivadavia se boulevard Alsina staan, uiteindelik 'n realiteit geword.

Die gedenkteken is as 'n geboë muur ontwerp en staan op 'n platform met 'n kompasroos, wat die meridiane uitbeeld. Op die muur word die geskiedenis van die pioniers met simbole aangedui. 'n Voortrekkervrou met haar kind versinnebeeld die herkoms van die Afrikaanse setlaars, terwyl hulle pioniersgees deur 'n ossewa en hulle emigrasie na Argentinië met 'n stoomgedrewe seilskip gesimboliseer word.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]