Cree (volk)
Cree | |
---|---|
'n Groep Cree in 1913 | |
Totale bevolking: | 356 655 (2016-sensus[1]) insluitende Atikamekw en Innu |
Belangrike bevolkings in: | Alberta 95 300 Saskatchewan 89 990 |
Taal: | Cree, Engels en Frans |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Christendom (Anglikanisme, Pentekostalisme of Rooms-Katolieke Kerk) |
Verwante etniese groepe: | Indiane |
Die Cree (Cree: Néhinaw, Néhiyaw) is 'n inheemse etniese groep wat tussen die Rotsgebergte in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste bly, waarmee die Cree die grootste verspreidingsgebied van al die inheemse volke van die Amerikas het. Hul huidige gebied lê in die hedendaagse Kanadese provinsies en gebiede Alberta, Saskatchewan, Manitoba, Ontario, Brits-Columbië, Quebec, Newfoundland en Labrador, Noordwestelike gebiede en Nova Scotia, asook die Amerikaanse deelstaat Montana.
Hulle verwys na hulself as Ayisiniwok en Aha payew – "ware mense" of met die betekenis "die volk" as Iniwak, Iyiniwok, Eenou, Iynu of Eeyou. Later het verskeie groepe na hulleself as Wi Iniwak of Wiyiniwak verwys wat "volk met 'n gemengde herkoms" beteken.[2]
In Kanada bly meer as 350 000 Cree of mense met 'n Cree-herkoms.[3] Die meeste Cree in Kanada bly noord en wes van die Bowemeer, in Ontario, Manitoba, Saskatchewan, Alberta en die Noordwestelike gebiede.[4] Sowat 27 000 Cree bly in Quebec.[5]
In die Verenigde State bly die Cree tradisioneel wes van die Bowemeer. Vandag bly hulle veral in Montana, waar hulle die Rocky Boy Indian Reservation met die Ojibwe (Chippewa) deel.[6]
Die gedokumenteerde migrasie na die weste oor die tyd heen hou sterk verband met hul rolle as handelaars en jagters binne die Noord-Amerikaanse pelshandel.[7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "2016 Canadian Census". Statistiek Kanada. 21 Junie 2018. Besoek op 28 April 2019.
- ↑ (en) Cree Glossary
- ↑ (en) "2016 Canadian Census". Statistiek Kanada. 21 Junie 2018. Besoek op 28 April 2019.
- ↑ (en) "Cree". The Canadian Encyclopedia (aanlyn). (9 Oktober 2018). Historica Canada.
- ↑ (en) "2016 Canada Census". Statistiek Kanada. 21 Junie 2018. Besoek op 28 April 2019.
- ↑ (en) "Gateway to Aboriginal Heritage". Canadian Museum of Civilization Corporation.
- ↑ (en) Mackenzie, Alexander (1903). Voyages from Montreal Through the Continent of North America to the Frozen and Pacific Oceans in 1789 and 1793. New York: A. S. Barnes & Company.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Boyce Richardson: Strangers devour the Land. A Chronicle of the Assault upon the last coherent Hunting Culture in North America, the Cree Indians of northern Quebec, and their vast primeval homelands. Alfred A. Knopf, New York 1976, ISBN 0-394-49838-0.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cree (volk).
- (en) "Cree". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 Augustus 2020.
- (en) "Cree". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 22 Augustus 2020.