Dandong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Dandong
丹东
'n Uitsig oor Dandong se stadsilhoeët aan die Yalu-rivier.
'n Uitsig oor Dandong se stadsilhoeët aan die Yalu-rivier.
Ligging van Dandong op 'n kaart (Volksrepubliek China)
Dandong
Dandong
Ligging in die Volksrepubliek China
Koördinate: 40°07′00″N 124°23′00″O / 40.11667°N 124.38333°O / 40.11667; 124.38333Koördinate: 40°07′00″N 124°23′00″O / 40.11667°N 124.38333°O / 40.11667; 124.38333
Land Vlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Provinsie Liaoning
Regering
 - Burgemeester Chen Tiexin
Oppervlak
 - Stad 14 981,4 km²  (5 784,4 vk m)
Bevolking (2010)
 - Stad 2 409 697
 - Stedelik 780 414
Tydsone SST (UTC+08:00)
Poskode 118000
Skakelkode(s) 415
Webwerf: dandong.gov.cn

Dandong (Chinees: 丹东) is 'n stad in die Chinese provinsie Liaoning met 'n bevolking van 2 409 697 in 2010. Die stad is in die noordooste van China, aan die grens met Noord-Korea en aan die Yalu-monding in die Geelsee geleë.

Dandong grens in die suidweste aan Dalian, in die weste aan Ansjan, in die noordweste aan Liaoyang en in die noorde aan Benxi. Danksy sy ligging is die stad 'n belangrike plek vir die handel tussen Noord-Korea en China. Dit is ook die grootste Chinese stad aan dié grens. In Dandong is die oostelike einde van die Groot Muur van China geleë.