Djenné Moskee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Djenné-Moskee.

Die buitengewone gebou is meer as 800 jaar gelede [tussen 1200-1330] in Djenné gebou op die oppervlakte van die Banrivier in Mali. Dis nie van gewone sement en stene gebou nie, maa van modder. Die wêrelderfenisgebied is eers as 'n paleis gebruik voor dit eindelik in 'n moskee verander is. Die in daardie stadium verwaarlose moskee is in1907 deur die Franse herbou. Die Djenné-moskee word deur baie beskou as een van die grootste argitektoniese prestasies ooit.

Elke jaar kom die hele geeenskap van Djenné bymekaar vir 'n fees waartydens enige reën- en hitteskade aan die moskee herstel word. Daar is ook kos en musiek.

Dak[wysig | wysig bron]

In die dak is daar klein luggate met omgekeerde oondgebakte bakkies bedek. Wanneer die bakkies afgehaal word, kan warm lug uit die gebou ontsnap en vars lug binnekom.

Muur[wysig | wysig bron]

Die mure is gebou met moddersten wat in die son gebak is, en aan mekaar gemessel met 'n mengsel van sand en grond. Die mure is afgewerk met 'n soort wat die gebou sy gladde voorkoms gee - dit lyk amper asof dit uitgekerf is. Die versierings is horingagtige uitsteksels wat nie net op elke hoek nie, maar ook bo-op die buitenste mure geplaas is.

Gebedsmuur[wysig | wysig bron]

Die gebedsmuur of qibla wys oos na Mekka, 'n heilige stad vir Moslems wat vandag in Saoedi-Arabië geleë is. Dit bied 'n uitsig oor die mark. Die iman bid van die hoër toring in die middel af. Regs van die gebedsnis of mihrab in die middelste toring is 'n tweede inham wat die preekstoel of minbar genoem word. Die keêlvormige toringspitse bo-op elke minaret is met volstruiseiers bedek wat simbolies van vrugbaarheid is.

Platform[wysig | wysig bron]

Die moskee is gebou op 'n platform wat 3 meter hoër as die mark is. Ses stelle trappe, elk met torinkies versier, lei na die platform. Die platform keer dat skade aan die moskee aangerig word wanneer die Banrivier in vloed is.

Gebedsaal[wysig | wysig bron]

Die gebedsaal se dak is gemaak van die Afrikawaaierpalm bedek met modder. Die dak word ondersteun deir nege binnemure met gepunte boë.

Hoofingang[wysig | wysig bron]

Die hoofingang waar die mans die moskee binnegaan is in die noordelike mmur, terwyl vroue by die ingang aan die westekant ingaan.

Vensters[wysig | wysig bron]

Die klein ongelyk geplaaste vensters in die noordelike en suidelike muur, laat min natuurlike lig na die binnekant van die saal deur.

Toron[wysig | wysig bron]

Die gebou se mure is versier met bondels stokke van die Afrikawaaierpalm, wat toron genoem word. Dit dien sommer ook as steierwerk vir die jaarlikse herstelwerk.

Westelike galery[wysig | wysig bron]

Die Larabanga-Moskee is Ghana.

Die westelike galery word vir die vroue gehou.


Ander geboue van modder en klei is die Larabanga-Moskee in Ghana. Dit is in 1421 gebou met plaaslike boutegnieke en materiaal, soos modder en biesies.

Bronverwysing[wysig | wysig bron]

  • en.wikipedia.org
  • nytimes.com