Dornier Do 228
Dornier Do 228 | |
---|---|
Tipe | Veeldoelige vliegtuig |
Vervaardiger | Dornier GmbH RUAG |
Nooiensvlug | 28 Maart 1981 |
Bekendstelling | Julie 1982 |
Status | Aktief |
Hoofgebruikers | Indiese Vloot Indiese Lugmag Bangladesji Vloot |
Vervaardig | Dornier: 1982–1997 HAL: 1985–tans RUAG: 2010–tans |
Aantal gebou | Dornier: 245[1] HAL: 125.[2] |
Eenheidskoste | vanaf $8.7 miljoen (2011)[3] |
Ontwikkel van | Dornier Do 28 |
Die Dornier Do 228 is 'n tweemotorige turboskroef veeldoelige vliegtuig wat deur Dornier GmbH (later DASA Dornier, Fairchild-Dornier) vanaf 1981 tot 1998 vervaardig is. In 1983 het Hindustan Aeronautics (HAL) 125 vliegtuie onder lisensie vervaardig. Daar is 245 eenhede in Oberpfaffenhofen, Duitsland en 125 eenhede in Kanpur, Indië vervaardig. In Julie 2017 was daar nog 63 van die vliegtuie in diens.
Die Switserse maatskappy RUAG het in 2009 vervaardiging van die Do-228 oorgeneem. Hulle het 'n nuwe weergawe die Do-228NG (New Generation) vrygestel wat opgradeerde motors en skroewe het asook 'n glaskajuit insluit. Die vliegtuie word in die oorspronklike Dornier-fabriek, wat in Oberpfaffenhofen, Beiere, Duitsland geleë is, gebou met onderdele uit Duitsland en van HAL in Indië.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Thomas Stocker (28 Desember 2007). "Ruag to relaunch Do 228 production". AIN online (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019.
- ↑ HAL (5 Februarie 2015). "HAL Bags Rs. 1090 Crore Contract for Supplying 14 Do-228 Aircraft to IAF". Persberig. http://www.hal-india.com/HAL%20Bags%20Rs.%201090%20Crore%20Contract%20for%20Supplying%2014%20Do-228%20Aircraft%20to%20IAF/ND__100.
- ↑ Harry Weisberger (10 Oktober 2011). "Ruag Shows Off NextGen Dornier Do228NG". AIN (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019.
- ↑ https://www.ainonline.com/aviation-news/business-aviation/2018-07-14/ruag-touts-new-generation-dornier-228
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dornier Do 228.