Dr Pepper
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Dr Pepper is 'n tipe gaskoeldrank. Dit is in die 1880's geskep deur Charles Alderton, 'n apteker in Waco, Texas, en die eerste keer in omstreeks 1885 bedien. Dr Pepper is aanvanklik landswyd bemark in die Verenigde State in 1904, maar word tans wêreldwyd verkoop (Europa, Asië, Noord- en Suid-Amerika en Australië. In Nieu-Seeland en Suid Afrika is dit 'n invoerproduk). Variante van die drankie sluit Diet Dr Pepper in. In die 2000's het 'n aantal nuwe bykomende geure hul verskyning gemaak.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die naam "Dr Pepper" is die eerste keer in 1885 in die handel gebruik. Dit is in 1904 op nasionale vlak in die VSA bekendgestel tydens die Louisiana Purchase Exposition as 'n nuwe soort gaskoeldrank, met 23 verskillende geure. Die bekendstelling daarvan in 1885 het die bekendstelling van Coca-Cola met een jaar voorafgegaan.
Dit is geskep deur Charles Alderton in Morrison's Old Corner Drug Store in Waco, Texas. [1] Ten einde sy nuwe drankie te toets het hy dit eers aan die winkeleienaar, Wade Morrison, aangebied, wat dit ook na wense gevind het. Besoekers aan Morrison se sodafontein het gou van Alderton se nuwe drankie te hore gekom. [2] Alderton het die formule aan Morrison gegee, wat dit Dr. Pepper genoem het (later "Dr Pepper", sonder die punt).
Vroeë advertensies vir hierdie koeldrank het mediese aansprake gemaak en vermeld dat dit die "spysvertering bevorder en lewenskrag en vitaliteit herstel". [3]
Soos met Coca-Cola is die formule vir Dr Pepper 'n handelsgeheim, en na bewering word die resep in twee dele in twee aparte Dallas-banke bewaar.
Slagspreuke
[wysig | wysig bron]- 1889–1914: "King of Beverages."
- 1920s–1940s: "Drink a Bite to Eat at 10, 2, and 4 o'clock."
- 1939: "When You Drink a Dr. Pepper You Drink a Bite to Eat."
- 1930's–1940's: "Good For Life."
- 1945: "Dr. Pepper has 23 flavors"
- 1950's: "The Friendly Pepper Upper."
- 1960's: "America's Most Misunderstood Soft Drink."
- 1970's-77: "The Most Original Soft Drink Ever."[4]
- 1977–1983: "I'm a Pepper, He's a Pepper, We're a Pepper.", "Be a Pepper.", "Wouldn't you like to Be a Pepper too?"
- 1983: "Dr Pepper Has Made a Pepper Out of me."
- 1983: "It Tastes and It Looks." (Suikervrye Dr Pepper)
- c. 1984 "Out of the Ordinary. Like You."
- c. 1984 "The Taste for Out of the Ordinary Bodies." (Diëet Dr Pepper)
- 1984–1997: "Hold Out For the Out of the Ordinary."
- ?1980's–tans "Dr Pepper, what's the worst that could happen?". Dit word gebruik in die Verenigde Koninkryk VK), en sinspeel daarop dat baie verbruikers in die VK nie weet hoe die koeldrank smaak nie en huiwerig is om dit uit te probeer
- 1991: "Just what the Doctor ordered."
- c. 1997: "It's Dr Pepper Flavour, Silly!" Australië
- c. 1997: "Expect the Unexpected!" Australië
- 1997: "Now's the Time. This is the Place. Dr Pepper Is The Taste."
- 2000: "Dr Pepper, It Makes the World Taste Better."
- 2000–tans: "Just What The Dr Ordered."
- c. 2001 "Dr Pepper, so misunderstood"
- 2002–2004: "Be You."
- 2002–tans: "Solves All Your Problems." (gebruik in Europa)
- 2003 "Dr Pepper, to try it is to love it" (gebruik in die VK)
- 2005–tans: "One Taste & You Get It."
- 2006: "Can You Handle The Taste?"[5] (in Oostenryk, Denemarke, Finland, Duitsland, Nederland, Swede, en Pole gebruik)
- 2006: "Authentic blend of 23 flavors." Verenigde State, Kanada
- 2006: "Dr Pepper, makes the world go round."
- 2006: "Dr Pepper, nothing better." Verenigde State
- 2006: "The Dr knows the right touch." (gebruik in Europa)
- 2006: "There's more to it." Verenigde State
- c. 2006: "Get Berried in Cream" Verenigde State (gebruik vir die nuwe "Berries and Cream" geur)
- 2007: "I Want It All." Verenigde State
- 2007: "El Dr muy bueno" Latyns-Amerika
- 2008: "Drink It Slow, Dr's Orders" (Verenigde State)
- 2009: "Trust me– I'm a Doctor." (met Julius Erving, Kelsey Grammer, Gene Simmons, Dr. Dre) Verenigde State
- 2009: "It's so amazingly smooth, you have try it to believe it!" en "Amazingly smooth" Dr Pepper Cherry
- 2010: "There's nothing like a Pepper" Verenigde State
- 2011: "Can you handle the taste?"
- 2012: "Always One of a Kind" (Verenigde State)[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Frequently Asked Questions (FAQs) | Dr Pepper". 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2020. Besoek op 21 September 2016.
- ↑ "Keurig Dr Pepper – Our History". Besoek op 6 Desember 2011.
It was served at the drug store where Alderton worked and the first Dr Pepper fans asked for a 'Waco.'
- ↑ Bloom, John (April 1978). "Business: Sweet Revenge". Texas Monthly (in Engels). Emmis Communications. p. 78. Besoek op 31 Augustus 2019.
- ↑ "Dr. Pepper 1977". Flickr - Photo Sharing!. Besoek op 6 September 2015.
- ↑ "pepperme.com". pepperme.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2002. Besoek op 14 Julie 2009.
- ↑ "Dr. Pepper Celebrates Its Legacy Of Originality With The Launch Of The New 'Always One Of A Kind' Advertising Campaign," Keurig Dr Pepper persvrystelling, Maandag, 9 Januarie 2012. Geargiveer 16 Oktober 2012 op Wayback Machine
Verdere leeswerk
[wysig | wysig bron]- Rodengen, Jeffrey L. (1995). The Legend of Dr Pepper/Seven-Up. Write Stuff Syndicate, Inc. ISBN 0-945903-49-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Dr Pepper. |
- Dr Pepper se amptelike webblad
- The Dr Pepper Museum
- Dr Pepper Company by die Handbook of Texas Online
- FTC verklaring
- Temple Bottling Company, in Temple, Texas Geargiveer 2 Maart 2021 op Wayback Machine
- Bootlegging Dr Pepper Geargiveer 24 Junie 2013 op Wayback Machine, 5 Junie 2008, deur Robb Walsh, Houston Press
- Original Formula Found at Drug Store
- Caffeine Content for Dr Pepper flavors compared to some other beverages, Good Housekeeping