Coca-Cola

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Coca-Cola se handelsmerk
Die "World of Coca-Cola"-gebou in Las Vegas, Nevada.

Coca-Cola, ook Coke genoem, is 'n tipe gaskoeldrank. Die koeldrank is die wêreld se topverkoper-drankie en word in meer as 200 lande oor die wêreld verkoop.[1] Dit word deur die Coca-Cola-maatskappy vervaardig. Hulle hoofkantoor is in Atlanta, Georgia, VSA en hulle grootste kompetisie is Pepsi.

Geskiedenis[wysig]

Coca-Cola is in 1886 deur 'n Amerikaanse apteker, John Pemberton in Atlanta geskep. Dit is aanvanklik slegs by sodapompe (soda fountains) te koop aangebied.

Coke in Suid-Afrika[wysig]

Coca-Cola is vir die eerste keer in 1938 in Suid-Afrika by 'n sodapomp by die Waldorf Café in St. George-straat in Kaapstad verkoop. Diet Coke is vir die eerste keer in 1983 in Suid-Afrika bekend gestel.[2]

Verwysings[wysig]

  1. Brand Fact Sheet”. Coca-Cola official website: 2008-12-01.
  2. Coca-Cola vier 125ste verjaardag, Beeld, 24 Mei 2011