Draaihalse

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jynx
Die Eurasiese draaihals
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Piciformes
Familie: Picidae
Genus: Jynx
Linnaeus, 1758
Spesies

J. torquilla
J. ruficollis

Draaihalse (Jynx) is 'n klein maar wydverspreide genus van voëls in die familie van spegte (Picidae). Hulle is die enigste spegte wat die ou nesholtes van ander spesies gebruik, eerder as om self gate in hout uit te beitel. Die genusnaam Jynx is afgelei van iunx, die antieke Griekse naam vir die Eurasiese draaihals.

Die kenmerkende genus omvat slegs twee spesies,[1] en is 'n sustergroep met betrekking tot al die ander spegte. Hulle beskik oor etlike uitstaande morfologiese eienskappe wat hul onderskei van die res van die familie. Dit sluit in 'n sagte veredos met kriptiese kleure, en die afwesigheid van rigiede stertvere. Weens die sagte stertvere sit hulle soos ander voëls bo-op takke eerder as om teen stamme uit te klouter.

Soos die egte spegte het hulle egter ook groot koppe met lang tonge wat gebruik word om insekprooi uit gaatjies te onttrek. Hul prooi word gevind in verweerde of verrottende hout, maar hulle sal ook op kaal grond soek na miere. Hul pote is soos ander spegte ook sigodaktiel met twee tone wat vorentoe wys, en twee agtertoe. Ververing vind in die somer plaas, maar kan tot in die winter voortduur. Hul stemme is nasaal en spegagtig. Hul Afrikaanse naam (vgl. ook Engels: wrynecks) is daaraan te danke dat hulle hul kop 180 grade kan draai. Wanneer hulle in 'n nes gepla word, sal hulle ook hul kop slangagtig draai en sis as 'n afskrikvertoning. Hulle sal die ou neste van ander spegte of houtkappers hergebruik om in nes te maak, en hul eiers is spierwit soos dié van meeste voëlgroepe wat in gate nesmaak.

Spesies[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Jynx

Verwysings[wysig | wysig bron]