Dwergvisvanger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dwergvisvanger
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Coraciiformes
Familie: Alcedinidae
Genus: Ispidina
Spesie: I. picta
Binomiale naam
Ispidina picta
Boddaert, 1783
Subspesies
Sien teks
Sinonieme
Ceyx pictus

Die dwergvisvanger is 'n algemene intra-Afrika broeiende somertrekvoël wat leef in boomveld, savanna en kuswoud. In Engels staan die voël bekend as die African Pygmy Kingfisher.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die voël is 12cm lank en weeg 12 tot 17 gram. Dit is 'n droëgrond visvanger met baie helder kleure. Dit is kleiner as die kuifkopvisvanger. Die wenkbroue is oranje, die gesig is grotendeels rooibruin en die oordekvere is violet getint. Die jong voël het 'n swarterige snawel en verspreide, donker snorstrepe.

Subspesies[wysig | wysig bron]

  • I. picta picta
  • I. picta ferruginea
  • I. picta natalensis

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]