Eerste klasse (sokker België)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Eerste klasse is die hoogste sokkerafdeling in België en word georganiseer deur die KBVB. Die kompetisie heet amptelik die Jupiler Pro League, vernoem na die hoofborg Jupiler (dis 'n ander kompetisie as die Jupiler League, wat Nederland se tweede sokkerliga is).

Die Eerste klasse bestaan uit 16 klubs. Elke klub speel twee keer per seisoen teen mekaar. Teen die einde van die seisoen speel die ses beste spanne in 'n nuwe kompetisie (waarby hulle die helfte van die punte uit die oorspronklike kompetisie saamneem) teen mekaar om die kampioenskap van België. Die onderste twee spanne speel sewe keer teen mekaar om te besluit wie na die Tweede klasse relegeer. Die wenner speel teen die wenner van die nakompetisie vir die Tweede klasse vir 'n plekkie in die Eerste klasse. Dus, elk seisoen relegeer een of twee spanne na die Tweede klasse. Die andere spanne uit die Eerste klasse speel ook na die oorspronklike kompetisie in verskillende opvolg kompetisies teen mekaar vir moontlike plasing vir die Europa League.

Deur hierdie moeilik kompetisie organisasie, verstaan min ondersteuners vinnig wie kampioen is en wie relegeer.

Klubs in 2012/13[wysig]

Van die sestien spanne is twaalf Vlaams en net drie Waals. Brussel het een span in die hoogste sokkerafdeling.