Ekster
Ekster | |
---|---|
’n Europese ekster. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genusse | |
|
Eksters is voëls van die kraaifamilie, Corvidae. Dit sluit die swart-en-wit Europese ekster in wat algemeen beskou word as een van die slimste diere in die wêreld[1][2][3] en een van die enigstes buiten soogdiere wat hulself in ’n spieël kan herken.[4] Benewens lede van die genus Pica, word kraaiagtiges in die genus Cissa ook as eksters beskou.
Die genus Pica word gewoonlik in gematigde temperatuurstreke van Europa, Asië en westelike Noord-Amerika aangetref, met nog bevolkings in Tibet en hoë dele van Indië en Pakistan. Eksters van die genus Cyanopica kom in Oos-Asië en die Iberiese Skiereiland voor.
Spesies
[wysig | wysig bron]Volgens sommige studies vorm eksters nie die monofiletiese groep wat meestal gedink word nie – ’n lang stert het onafhanklik in verskeie lyne van die kraaifamilie langer (of korter) geword.[5] Onder die tradisionele eksters is daar twee aparte lyne. Een bevat die swart-en-wit holarktiese spesies (uit die noordelike deel van die arktiese streke) wat moontlik na verwant is aan kraaie en Europsese gaaie. Die ander lyn bevat verskeie spesies van Suid- tot Oos-Asië met helder kleure, hoofsaaklik groen en blou.
Die asuurvlerk-eksters en Iberiese ekster, wat voorheen as een spesie beskou is, word nou as twee verskillende spesies gelys en geklassifiseer as die genus Cyanopica.[6]
Holarktiese eksters
- Genus Pica
- Pica pica (Europese ekster)
- Pica hudsonia (Amerikaanse ekster)
- Pica nuttalli
- Pica asirensis
- Pica mauritanica
- Pica sericea
Oriëntale eksters
- Genus Urocissa
- Urocissa caerulea
- Urocissa erythrorhyncha
- Urocissa flavirostris
- Urocissa whiteheadi
- Urocissa ornata
- Genus Cissa
- Cissa chinensis
- Cissa hypoleuca
- Cissa thalassina
- Cissa jefferyi
Asuurvlerk-eksters
- Genus Cyanopica
- Cyanopica cyanus
- Cyanopica cooki
Galery
[wysig | wysig bron]-
Urocissa ornata.
-
Cissa hypoleuca.
-
Cyanopica cooki.
-
Pica nuttalli .
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ https://www.welcomewildlife.com/worlds-smartest-birds/
- ↑ https://www.independent.co.uk/environment/nature/magpies-reflect-on-a-newly-discovered-intellectual-prowess-901857.html
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2017. Besoek op 25 Februarie 2018.
- ↑ Prior H, et al. (2008). De Waal F (red.). "Mirror-Induced Behavior in the Magpie (Pica pica): Evidence of Self-Recognition". PLoS Biology. Public Library of Science. 6 (8): e202. doi:10.1371/journal.pbio.0060202. PMC 2517622. PMID 18715117. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 21 Augustus 2008.
- ↑ Ericson et al. (2005)
- ↑ Kyukov et al, Synchronic east–west divergence in azure-winged magpies (Cyanopica cyanus) and magpies (Pica pica), Journal of Zoological Systematics and Evolutionary Research 42(4): 342-351 (2004) Geargiveer 3 Julie 2012 op Wayback Machine
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Ekstervideo's, -foto's en -klanke by die Internet Bird Collection Geargiveer 14 Maart 2016 op Wayback Machine
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia